BFN-stadsaal-brand: Omvang van skade nog nie bekend
Loading player...
Minstens drie mense is in hegtenis geneem nadat ongeveer 200 lede van die vakbond vir munisipale werkers, Samwu, glo die historiese Bloemfontein-stadsaal gisteraand aan die brand gesteek het. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Sam Makhele, sê die munisipale werkers was veronderstel om vroeër 'n vergadering met die vakbond se leierskap te hou. Hy sê die byeenkoms was egter onwettig. Die polisie moes die oproeriges met rubberkoeëls en traangas uiteenjaag.
Samwu se voorsitter in die Vrystaat, Congo Matshepe, het ontken dat lede van die vakbond die brand gestig het. Hy sê Samwu-lede was buite die eeu-oue stadsaal toe die brand ontstaan het. Die woordvoerder van die Mangaung-metro-munisipaliteit, Qondile Khedama, wou nie komentaar op die voorval lewer nie. Die omvang van die skade is onbekend op dié stadium, maar OFM-nuus se verslaggewers wat op die toneel was, sê die gebou is daarmee heen toe die dak ingeval het.