Sekuriteitswag geskiet toe geldwa omslaan

Loading player...
Vereeniging - Twee mans is gister laat beseer toe ‘n geldwa op die R42 in Vereeniging omgeslaan het. Een sekuriteitswag is na bewering in die been geskiet toe ‘n skoot per ongeluk tydens die ongeluk gevuur is. Netcare se Nick Dollman sê die bestuurder het na bewering beheer oor die geldwa verloor waarna dit omgeslaan het. “Paramedici het drie mense behandel - twee het beserings opgedoen. Een het ernstige beserings opgedoen toe die geldwa omgeslaan het en die tweede pasiënt is in die been geskiet toe ‘n skoot na bewering per ongeluk gevuur is. Paramedici het die twee pasiënte op die ongelukstoneel behandel en hulle is per ambulans na die hospitaal geneem,” het Dollman verduidelik. OFM News/Nomaqhawe Mtebele
1 Jul 2017 6AM English South Africa News · Business

Other recent episodes