17:30 Sport - 2 Augustus 2017

Loading player...
Bo en behalwe die Toyota Cheetahs en die Southern Kings gaan ‘n totaal van 33 Suid-Afrikaners tydens die Guinness Pro14 vanaf September in aksie wees. Gister het Keltiese Rugby die deelname van die twee Suid-Afrikaanse spanne bevestig.

Die Proteas se kaptein, Faf du Plessis, het die idee om die aanvangskolwer Heino Kuhn vir die vierde en laaste toets teen Engeland weg te laat, as ‘n slegte een afgemaak. Die 33-jarige Kuhn het tydens die eerste toets by Lords sy toetsdebuut gemaak en het net 78 lopies aangeteken teen ‘n gemiddeld van 13 in ses beurte.

Die Sweedse breier, Kjell Jonevret, het as die hoofafrigter van Orlando Pirates bedank. Dít ná minder as ses maande in die pos by Mayfair.
2 Aug 2017 11AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die strafsaak teen vyf mans en verskeie maatskappye wat teregstaan in verband met die Jagersfontein-slikdamramp, is tot 25 November uitgestel vir ’n voorverhoorkonferensie.
4 Aug 8AM 1 min

Lezhanne Hartwell.

‘n Hoërisiko-behandelingsverwante miëlodisplastiese sindroom (MDS) is op 13 Julie by Mia-Lee Lamprecht van Pretoria gediagnoseer.
4 Aug 6AM 1 min