17:30 Sport - 30 Augustus 2017

Loading player...
Die Britse en Ierse Leeus-haker, Rory Best, sal Ulster tydens die 2017/18 Guinness Pro14-reeks aanvoer. Die span van Belfast pak Vrydagaand die Toyota Cheetahs in hul openingswedstryd van hul veldtog.

Die T20 Global-liga verwag dat meer spelers aanstaande jaar aansoek sal doen om in die toernooi te speel. Die suksesvolle spelerveiling het oornag talle miljoenêrs opgelewer, soos die Protea-naatbouler, Dane Paterson, wat vir die Bloem City Blazers sal speel.

Die plaaslike sokker-oordragperiode sluit môre. Daar is reeds twee Premiersokkerliga-rondes van die huidige seisoen voltooi. Die liga se huidige, eerste onderbreking is as gevolg van die MTN8 verlede week en die opkomende 2018 FIFA Wêreldbeker-kwalifiseerders.
30 Aug 2017 11AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die strafsaak teen vyf mans en verskeie maatskappye wat teregstaan in verband met die Jagersfontein-slikdamramp, is tot 25 November uitgestel vir ’n voorverhoorkonferensie.
4 Aug 8AM 1 min

Lezhanne Hartwell.

‘n Hoërisiko-behandelingsverwante miëlodisplastiese sindroom (MDS) is op 13 Julie by Mia-Lee Lamprecht van Pretoria gediagnoseer.
4 Aug 6AM 1 min