Een dood ná N8 botsing

Loading player...
Bloemfontein - Een man is gisteraand in 'n botsing tussen ‘n polisievoertuig en ‘n Audi op die N8 buite Thaba Nchu in die Vrystaat dood.ER24 se Annine Siddall sê die ongeluk het omstreeks middernag gebeur. Sy sê die passasier van die Audi is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal in Bloemfontein gebring, terwyl die bestuurder van die polisievoertuig ernstige beserings opgedoen het. Sidall sê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Die polisie kon nie onmiddelik vir kommentaar bereik word nie. - Mark Steenbok
10 Sep 2017 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die strafsaak teen vyf mans en verskeie maatskappye wat teregstaan in verband met die Jagersfontein-slikdamramp, is tot 25 November uitgestel vir ’n voorverhoorkonferensie.
4 Aug 8AM 1 min

Lezhanne Hartwell.

‘n Hoërisiko-behandelingsverwante miëlodisplastiese sindroom (MDS) is op 13 Julie by Mia-Lee Lamprecht van Pretoria gediagnoseer.
4 Aug 6AM 1 min