Melk & Vleis ryg Aardklop-toekennings in!

Loading player...
Potchefstroom - Die produksie 'Melk & Vleis' het gisteraand by die Aardklop-toekennings, wat die beste skrywers en akteurs by vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom vereer, met die meeste toekennings weggestap.Melk & Vleis, wat spog met Illse Roos, Paul du Toit, Nomkhita Bavuma en Sesethu Zamxaka in die rolverdeling, het vyf van die sewe toekennings van die aand gewen. Marthinus Basson, wat die toekenning vir beste regisseur ontvang het vir Melk & Vleis, het in sy bedanking met groot lof van Marina Albertyn – die skrywer van die produksie – gepraat. - Dane Beisheim
7 Oct 2017 6AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die strafsaak teen vyf mans en verskeie maatskappye wat teregstaan in verband met die Jagersfontein-slikdamramp, is tot 25 November uitgestel vir ’n voorverhoorkonferensie.
4 Aug 8AM 1 min

Lezhanne Hartwell.

‘n Hoërisiko-behandelingsverwante miëlodisplastiese sindroom (MDS) is op 13 Julie by Mia-Lee Lamprecht van Pretoria gediagnoseer.
4 Aug 6AM 1 min