Landbounuus-podcast: DAFF wil 'n hersieningsaansoek bring teen die Openbare Beskermer

Loading player...
Die Departement van Landbou Bosbou en Visserye (DAFF) het reeds regsadvies verkry en wil nou 'n hersieningsaansoek bring teen die openbare beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane se bevindinge in haar verslag oor wanadministrasie deur die departement in sy hantering van 'n brucellose-uitbreking in die Vrystaat. Die departement se Zweli Silangwe sê hoewel die departement die grondwetlike rol van die kantoor van die OB respekteer, is daar sekere bevindinge en aanbevelings waarmee hulle nie tevrede is nie. OFM-nuus het vroeër berig die verslag toon die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het nie die beheermaatreëls vir die verspreiding van die siekte, soos wetlik vereis word nie, ingestel nie. Volgens die verslag het, die klaer Ronél Behrens, 'n melboer van Ventersburg, geldelike verlies en ongerief gelei. Mkhwebane het dié verslag agt jaar nadat Behrens 'n klag aanhangig gemaak het oor DAFF se versuim om aan haar 'n verslag te verskaf oor sy ondersoek oor die doeltreffendheid van die entstof RB51, wat op haar beeste gebruik word.
20 May 2019 8AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Adv. Allen Simpson

Die streekhof in Welkom het Donderdag (30/7) beslis dat Daniel Fourie vyf jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien, terwyl sy vrou, Anna Francina, tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis is.
31 Jul 3AM 1 min