Landbounuus-podcast: Twee leierfigure verteenwoordig SA op internasionale vlak

--:--
Twee leierfigure in die Suid-Afrikaanse landboubedryf verteenwoordig dié land nou op internasionale vlak by die Wêreldlandbou-organisasie. Theo de Jager, die Suider Afrika Agri Inisiatief, oftewel Saai, se uitvoerende direksievoorsitter, is vandeesweek in Luxemburg vir die tweede termyn agter eenvolgens tot president van dié internasionale organisasie verkies. Daarmee saam het De Jager in 2017 die eerste Suid-Afrikaner geword wat tot die posisie verkies is. Omri van Zyl, die uitvoerende direkteur van Agri SA, is tot fasiliteerder vir die globale koöperasies-werkgroep van dié internasionale organisasie verkies. Van Zyl sê dié werkgroep gee aan Agri SA toegang tot internasionale betrokkenes, terwyl ’n vertoonvenster vir Suid-Afrika se eie wêreldklas agri-besighede uitgebou kan word. Agri SA hou die Suid-Afrikaanse setel by dié internasionale organisasie en was 'n stigerlid daarvan in 2011.
23 May 2019 11AM English South Africa News · Business

Other recent episodes