Ja vir die kommapunt

--:--
In die leestekenhoofstuk van die AWS word daar vir die gebruik van die komma altesaam vytien reëls gegee; vir die gebruik van die kommapunt, net twee. Tog is baie skrywers oor die korrekte gebruik van die kommapunt onseker. Oor dié leesteken handel ’n hele nuwe boek: Semicolon: The Past, Present, and Future of a Misunderstood Mark, deur Celia Watson. Jana Luther lees die e-boekweergawe, in Junie 2019 uitgegee deur 4th Estate, Londen.
9 Oct 2019 Afrikaans South Africa Language Learning · Education

Other recent episodes

Hoe gemaak met die invloed van Engels op Afrikaans?

Op watter maniere word Afrikaans deur Engels beïnvloed? Wat staan die teksredakteur in dié verband te doen? Behoort die terme “anglisisme" en “anglisisties” vandag steeds gebruik te word? Waar en wanneer het die invloed van Engels op Afrikaans begin? In watter mate kan van jong Afrikaansgebruikers verwag word om steeds…
16 Jan 2021 41 min

Welkom by Teksredaksie.co.za

Welkom by Teksredaksie.co.za (Jana Luther & Fred Pheiffer). ’n Nuwe projek vir die verkenning van praktiese redaksionele prosesse ter aanvulling van formele, teoretiese opleiding van teksredakteurs in Afrikaans. Inhoud vir taalpraktisyns, taalpraktykstudente en -dosente, asook vir skrywers. Veral, maar nie uitsluitlik nie, vir mense wat daagliks professioneel in en met…
4 Oct 2019 23 min

Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies

Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies (Jana Luther). Dat die eerste aankomelinge uit Europa in hulle vroeë dae aan die Kaap baie van Suid-Afrika se inheemse soogdiere nog nooit gesien het nie; dit is algemeen bekend. Ook dat baie van dié diere na diere elders genoem is. Maar hoe het dit…
25 Oct 2019 12 min

Wat behels die werk van ’n teksredakteur?

Die teksredakteur (Jana Luther). Wat is die doel van redigering? En wat is die rol en verantwoordelikhede van die teksredakteur ten opsigte van ander rolspelers in die publikasieproses?
26 Oct 2019 20 min