Maties en Afrikaans - Pieter Kapp
--:--
Aangebied deur Protea Boekhuis. Met Pieter Kapp en Jacques du Preez: In die geskiedenis van Suid-Afrika was daar vyf groot taaldebatte oor die plek en rol van Afrikaans. Twee het op Stellenbosch afgespeel: die eerste debat was tussen Hollands en Afrikaans en die erkenning van Afrikaans as die nuwe universiteit se onderrigtaal; die tweede debat tussen Afrikaans en Engels as onderrigen gebruikstaal. Pieter Kapp gesels met Jacques du Preez van die FW de Klerk Stigting oor sy besondere boek Maties en Afrikaans.