Abraham Phillips – Die hart van ’n ma

--:--
Willemien Brümmer praat met Abraham Phillips oor sy ontroerende en aktuele roman oor die mens se uitgelewerdheid aan magte buite homself, en sy stryd om geregtigheid. Die roman vertel die storie van ’n arm gemeenskap waar tik al hoe meer verwoesting saai en drie ma’s desperaat laat vra: wie is skuldig en wie staan dan vir geregtigheid? Phillips is ook die skrywer van die opsienbarende Die verdwaalde land en Die evangelis van Kaggelsberg
13 Mar 2014 6AM Afrikaans South Africa TV & Film · Arts

Other recent episodes

Deon Meyer – Kobra

Bennie Griessel is eerste op die toneel: ’n bloedbad in ’n luukse gastehuis op ’n Franschhoek - wynplaas. Drie slagoffers van ’n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop ’n ontvoering. Huisgenoot se Elna van der Merwe praat…
14 Mar 2014 4AM 48 min

Abraham H. de Vries – Maar wie snoei die rose in die nag?

Wium van Zyl gesels met die meester van die kortverhaalskryfkuns, Abraham H. de Vries, oor sy jongste kortverhaalbundel. In ’n vertroude vertellerstem, ’n stem byna uniek in Afrikaans, word die leser in dié verhale herinner aan die verstrengeldheid van die magiese en aardse van ons lewens.
11 Mar 2014 8AM 46 min

Louis Esterhuizen – Die afwesigheid van berge

Francois Smith gesels met Louis Esterhuizen oor sy heel persoonlike, maar baie aktuele digbundel. Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van dié bundel vorm, slaan die leser met die een kragtige golf van poëtiese besinning na die ander. Dit is die spreker se reis onderweg na die dood –die…
11 Mar 2014 6AM 41 min

Krokodil aan my skouer:Stoffel toe en nou –met Christiaan Bakkes

In Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vormingsjare vertel Stoffel die verhaal van sy grensdiens en ontbloot ’n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. Nou voer hy ’n oorlog teen renosterstropery. Dit is Bakkes se eerlike en openhartige blik op homself en die lewe wat van hom so ’n…
12 Mar 2014 9AM 48 min

Mariël le Roux – Klara

Nanette van Rooyen vra Mariël le Roux uit oor haar roman,’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Klara is snaaks én hartverskeurend – dis nie aldag dat ’n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie. Mariël is ook die skrywer van die topverkoperroman Die…
12 Mar 2014 4AM 46 min