Ekonomiese herstelplan verwelkom
--:--
President Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan fokus veral op die skep van werk, infrastruktuur en alternatiewe energie.
Volgens Linda Grimbeek, uitvoerende beampte van die Kruger-Laeveld-sakekamer, is dit goeie nuus, ook vir die Laeveld.
Sy voeg by dat die plan hopelik sinvol geïmplementeer sal word.
“Dit is sinvol om te kyk na werkverskaffing en te kyk na alternatiewe energie. Dit is die grootste probleem tans. As dit uitgerol kan word, kan ons baie drome verwesenlik.
“Vervaardiging moet groei. Dit is ‘n goeie beleid, maar dan het jy sekerheid van energie nodig.
“Dit kan gedoen word,” voeg sy by. “Dit móét gedoen word.”
Van die infrastruktuurprojekte sal die Laeveld baat.
“Enige sulke projekte stimuleer die ekonomie. En as die elektrisiteitskwessie aangespreek word, is dit baie goed vir ons.”