Pumas sien uit na groot kragmeting teen Stormers

--:--
Die Phakisa Pumas speel môre hul eerste rugbywedstryd van die jaar op hul tuisveld.
Hul wedstryd teen die DHL Stormers skop om 19:00 by Mbombela-stadion af.
Pumas-breier, Jimmy Stonehouse, sê hulle gaan die toeskouers mis, maar sien uit na die kragmeting.
Hy het byna geen veranderinge aan sy span, wat verlede naweek die Griekwas in Kimberley geklop het, aangebring nie.
AJ le Roux, wat beseer was, neem sy plek in as haker, met Simon Westraadt op die plaasvervangersbank.
22 Oct 2020 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

ActionSA werk aan plan om padnetwerk verder te ontwikkel

ActionSA sê hy sal nou begin met die ontwikkeling van 'n omvattende bloudruk om Suid-Afrika se padnetwerk te herstel, en sal dit voor die verkiesing aan Suid-Afrikaners voorlê. Die party het sy veldtog oor swak paaie afgesluit na besoeke aan gemeenskappe regdeur Mpumalanga, Limpopo en Noordwes. Michael Beaumont van ActionSA…
26 Apr 8AM 1 min

Pumas gasheer vir Luiperds Saterdag by Nelspruit Rugbyklub

Die Airlink Pumas speel môre weer tuis in die SA Beker. Die Pumas en Griekwas is die enigste onoorwonne spanne oor in die reeks met vier wedstryde oor om die finaliste te bepaal. Die boonste twee spanne op die punteleer sal in die eindstryd speel. Beide het 25 punte, met…
26 Apr 7AM 1 min

Minister van Arbeid sê regering kan werk help skep

Die Minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, het vandag 17 arbeid-aktiverings-programme in Mbombela bekendgestel. Die inisiatief vorm deel van ‘n nasionale program wat daarop gemik is om meer as 700-duisend werksgeleenthede landwyd te skep. Hy sê mense moet opgelei word in vaardighede wat die ekonomie benodig en dan bemagtig…
24 Apr 5AM 1 min

Mpumalanga Premier open splinternuwe Bethal-hospitaal

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het gister amptelik die splinternuwe Bethal-hospitaal geopen. Volgens die Kantoor van die Premier is dit ten volle toegerus met die jongste tegnologie. Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n sleutelrol speel om kwaliteit mediese sorg aan mense te bied naby aan waar hulle woon en om…
24 Apr 4AM 1 min

Betogers steek ambulans aan die brand in diensleweringprotes op R40

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die versperring van die R40 by Casteel in die Bosbokrand-omgewing vanoggend veroordeel. ‘n Provinsiale ambulans is ook aan die brand gesteek, na bewering deur mense wat teen swak dienslewering in die area betoog. Shongwe sê mense het die volste reg om…
22 Apr 7AM 1 min