Mbombela-pastoor dankbaar om te lewe na fratsongeluk

--:--
Pastoor Cyzelle Fincham van die Grace Family Fellowship Nelspruit, sterk goed aan by die huis.
Dit is vandag ses weke sedert sy ernstig beseer is in ‘n fratsongeluk toe ‘n jagvoertuig omgeslaan en op haar te lande gekom het.
Na verskeie operasies om haar gebreekte bene te heg, ondergaan sy tans rehabilitasie.
Sy sê haar herstel vorder vinniger as verwag en sy glo dit is ‘n wonderwerk dat sy leef.
Fincham het die gemeenskap vir hul wonderlike ondersteuning en gebede bedank.
23 Oct 2020 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

ActionSA werk aan plan om padnetwerk verder te ontwikkel

ActionSA sê hy sal nou begin met die ontwikkeling van 'n omvattende bloudruk om Suid-Afrika se padnetwerk te herstel, en sal dit voor die verkiesing aan Suid-Afrikaners voorlê. Die party het sy veldtog oor swak paaie afgesluit na besoeke aan gemeenskappe regdeur Mpumalanga, Limpopo en Noordwes. Michael Beaumont van ActionSA…
26 Apr 8AM 1 min

Pumas gasheer vir Luiperds Saterdag by Nelspruit Rugbyklub

Die Airlink Pumas speel môre weer tuis in die SA Beker. Die Pumas en Griekwas is die enigste onoorwonne spanne oor in die reeks met vier wedstryde oor om die finaliste te bepaal. Die boonste twee spanne op die punteleer sal in die eindstryd speel. Beide het 25 punte, met…
26 Apr 7AM 1 min

Minister van Arbeid sê regering kan werk help skep

Die Minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, het vandag 17 arbeid-aktiverings-programme in Mbombela bekendgestel. Die inisiatief vorm deel van ‘n nasionale program wat daarop gemik is om meer as 700-duisend werksgeleenthede landwyd te skep. Hy sê mense moet opgelei word in vaardighede wat die ekonomie benodig en dan bemagtig…
24 Apr 5AM 1 min

Mpumalanga Premier open splinternuwe Bethal-hospitaal

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het gister amptelik die splinternuwe Bethal-hospitaal geopen. Volgens die Kantoor van die Premier is dit ten volle toegerus met die jongste tegnologie. Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n sleutelrol speel om kwaliteit mediese sorg aan mense te bied naby aan waar hulle woon en om…
24 Apr 4AM 1 min

Betogers steek ambulans aan die brand in diensleweringprotes op R40

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die versperring van die R40 by Casteel in die Bosbokrand-omgewing vanoggend veroordeel. ‘n Provinsiale ambulans is ook aan die brand gesteek, na bewering deur mense wat teen swak dienslewering in die area betoog. Shongwe sê mense het die volste reg om…
22 Apr 7AM 1 min