Twee verdagtes vasgetrek na moord op Witrivier-prokureur
--:--
Twee mans is gisteroggend in KaBokweni in hegtenis geneem vir die moord op Gerrit Stander.
Hy is Maandagoggend verskeie kere geskiet tydens ‘n roof by sy huis in die Plaston-omgewing.
Volgens die Valke is die mans aangekeer toe hulle ‘n selfoon, iPad, en naaldwerkmasjien wat tydens die roof gesteel is, probeer verkoop het.
Hulle sal Maandag in die Witrivier-landdroshof verskyn.
Stander se gedenkdiens is vandag om half 2 in die NG-Kerk Suid Nelspruit.
Hy sou vandag sy 39-ste verjaarsdag gevier het.