Gerrit Stander-saak uitgestel in hof
--:--
Die twee mans wat Gerrit Stander verlede week glo tydens ‘n huisroof in Plaston doodgeskiet het, het vanoggend in die Witrivier-hof verskyn.
Daar was ‘n groot polisieteenwoordigheid en paaie is vir verkeer afgesper.
Die twee verdagtes is Donderdag aangekeer.
Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale vervolgingsgesag, het bevestig dat die saak uitgestel is tot volgende Maandag, 2 November.
Die mans sal na verwagting dan moontlik vir borgtog aansoek doen.
Joe Pelser van AfriForum Witrivier sê die polsie het intussen onttrek en die strate is weer gangbaar.