Afrikaans

Aanbid saam met Dawie

14 EPISODES | BAASRAAK RADIO |  Podcast, ±54 min episode every 4 weeks, 4 days
Hallo my naam is Dawie Fourie. Laat my toe om jou so bietjie van myself te vertel. ek is gebore op 12 Augustus 1966 in Krugersdorp Gauteng, Een van ‘n identiese tweeling. Van kindsbeen af versot op musiek, en dit het sy hoogte punt gekry toe ek geleer was om Vader in Gees en Waarheid te kan aanbid.

Getroud met Yvette, en pa van twee kinders, Marlize en Juan en skoonseun Arno, en ook oupa van drie klein kinders, Tristian, Reuben en Mielahn. Het in 1990 tot die voltydse bediening toe getree, en is tans ‘n Kapelaan by SAPD Hoof Kantoor in Pretoria en verantwoordelik vir die opleidings basisse landwyd. Ek is ook mede leraar van Grace Outreach Gemeente, ‘n familie bediening wat ek en ‘n vriend van my in 1993 begin het. Musiek vorm ‘n baie groot deel van my lewe, en is ook ‘n groot instrument vir die verkondiging van die Evangelie van Christus. Ek is daagliks daarmee besig, en gebruik dit oral waar ek besoek in die werks omgewing en kerk om mense om my te vergarder in aanbidding tot ons Koning. Ek het reeds drie cd’s opgeneem, en is baie trots daarop.

André Diederichs

89 EPISODES | CAPE PULPIT 729AM |  Podcast, ±7 min episode every 6 days
André Diederichs is 'n welbekende sakekenner, openbare spreker, skrywer en mediapersoonlilheid. Hy het deur die wêreld gereis in sy strewe om die uitdagings wat entrepreneurs, leiers, bemarkers en familie-ondernemings in die gesig staar te begryp en die beste praktyke om daardie uitdagings die hoof te bied. Hy het nege boeke en meer as 2500 artikels in koerante en saketydskrifte gepubliseer oor belangrike sake, finansiële en leierskapslesse. Hy is gereelde gas in RADIO en TV-geselsprogramme.

Atman se Tronkdagboek

4 EPISODES | BAASRAAK RADIO |  Podcast, ±19 min episode every 2 weeks, 6 days
Ek is Willem Adriaan Samuels maar ook bekend as Attie of Atman,. Vir die afgelope 11 jaar is ek getroud met my lieflike vroutjie Olivia. Ons het nie kinders saam maar ek het twee pragtige dogters en sy twee lieflike seuns voor die huwelik. Dit word aangevul met vyf kleinseuns en een kleindogter.

As werksman van die ouens van sonop(26) was my begeerte om in die nommer te klim, maar betyds het die Here my siel kom red. My tyd in die gevangenis het eintlik kom uitwys hoe gevange ek was binne in myself. Vandaar die dringenheid by my om vrylating uit te roep vir ander.

So ook het my bediening al binne in die gevangenis begin om siele te win vir die Koninkryk. Na my vrylating het ek tien jaar by Paradyskloof Villas Retirement Village gewerk totdat God my verlede jaar Oktober voltyds in Sy diens geroep het.

Behalwe my Baasraak verpligtinge is ek ook betrokke in my eie gemeenskap om die Goeie Nuus van Jesus Christus te versprei.

220 channels

« Back 13—24 More »