Op soek na Abraham
Aangebied deur Griffel Uitgewery. Willie McLoud vind die oorspronge van die Bybel in antieke Sumerië en toon aan dat Abraham werklik geleef het. Prof. Christina Landman vra hom uit oor konsepte soos ‘Seuns van God’ en ‘Satan’, die ‘drieverdiepingkosmos’, die ‘hemel’ en die ‘doderyk’. Stimulerende stof tot nadenke.
Hambidge Onbeperk
Die immergewilde Joan Hambidge is een van die kleurrykste en veelsydigste figure op die Afrikaanse literêre toneel. Uitgewer Etienne Bloemhof probeer vasstel hoe dié skrywer, akademikus en kritikus daarin slaag om hoede te verwissel sonder dat ’n veer op die grond val. Verwelkoming: Dorothea van Zyl.
Wat die hart van vol is
Evette Weyers se Wat die hart van vol is, ’n woordbeelding van haar werk en lewe saam met akteur Marius Weyers, is ‘’n labirint van skeppende, speelse en koddige glipgange tussen feit en fiksie, mitologie, teater, letterkunde, musiek en die oorsprong van woorde’. Petrovna Metelerkamp gesels met dié uiters suksesvolle,…
Ingrid Winterbach
Ingrid Winterbach word beskou as een van Afrikaans se grootse romansiers. Haar nuutste roman, Die aanspraak van lewende wesens, is onlangs aangewys as wenner van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Louise Viljoen tree in gesprek met die skrywer om die kompleksiteit en gelaagdheid van dié roman te ontrafel.
Vol draadwerk
Fourie Botha gesels met Marius Crous oor sy jongste digbundel Vol draadwerk. Hulle bespreek die tongknopertitel (-werk en nie -trek nie), die temas en inhoud – en hoe dit by Crous se vorige werk aansluit.
Kleinboer: Werfsonde
Met sy omstrede debuut Kontrei het Kleinboer so te sê kultusstatus verwerf. Werfsonde (Umuzi), die tweede deel van ʼn trilogie, sit die joernaal oor die wel en wee van die enigste wit Afrikaner in Yeoville voort. Tinus Horn gesels met die skrywer oor dié roman wat tegelyk ʼn belangrike tydsdokument…
Kahlil’s Journey
Ashraf Kagee, winner of the seventh annual European Union Literary Award, talks to Desmond Painter about Kahlil’s Journey. The novel portrays the richly-textured beauty of everyday life of the last century’s Cape Malay and Indian cultures, and deftly captures the lyrical resonance of voices long forgotten by history.
Trekkerkinders
Met die oog op die 175ste herdenking van die Groot Trek verskyn Trekkerkinders uit die pen van Danie Langner. Hermann Giliomee praat met die skrywer oor dié versameling verhale oor kinders, prominente figure en gebeure uit die Groot Trek.
In die sin al om
René Bohnen se In die niks al om en Susan Smith se debuutbundel In die afwesigheid van sin toon sterk ooreenkomste. Die twee digters delf albei speels in die oorsprong van hul woorde, soek sin en sinne, en vind uit waar hemel en aarde in hul woorde lê. Kom luister…
Anderkant duskant
Die welbekende radioman en skrywer Pienkes du Plessis praat met Martie Retief-Meiring oor sy aangrypende, hoogs-omstrede en polities nie-korrekte roman. Die verhaal speel af in die veertigerjare in die ongenaakbare omgewing van die Noord-Kaap, waar wit en swart veg om oorlewing.
The 18th Variation
Die onderwerp van John van den Berg se riller is seksuele geweld – tans baie aktueel met skurke soos die Modimolle-monster en Sondag-verkragter. Evert Buurman vra die skrywer uit oor sy navorsing in die sielkunde en klassieke musiek met die oog op die skryf van dié spannende roman.
Skaduwee
Martie Retief-Meiring gesels met die bekroonde Carel van der Merwe oor sy jongste roman, Skaduwee, en die raakpunte met sy voriges, Nasleep en Geldwolf. Die skrywer wei uit oor sy hoofkarakter, ʼn uitgeweke Suid-Afrikaner in Londen, wat onverwags in ʼn web van korrupsie en duister geldmagte in hedendaagse Suid-Afrika verstrengel…
Seks – die eintlike storie?
Christina Landman praat met Nicki Spies oor haar jarelange navorsing oor seksualiteit en geloofkonstruksies. Opvattings oor seks, seksualiteit en gender word sonder vrees verken. Eeue-oue sienings word getakel, asook hoe sulke konstruksies ons intieme verhoudings raak. Verfrissend en stimulerend.
Briewe van Hennie Aucamp
Briewe van Hennie Aucamp – met aantekeninge deur die skrywer bevat persoonlike briewe wat tussen 1958 en 2012 geskryf is. Dit sluit fassinerende briewe in aan ʼn twintigtal van die bekendste skrywers in Afrikaans, met uitgebreide notas wat die kulturele omgewing dokumenteer. Daniel Hugo lei die gesprek met Hennie
Saskia de Coster
Ingrid Glorie in gesprek met die veelsydige Belgiese skrywer, Saskia de Coster. Nadat De Coster in 2009 as een van die uitsonderlikste Vlaamse vroue aangewys is, het haar prestasies as skrywer, video- en visuele kunstenaar sterstatus gebring.
FAK Sangbundel II
Die FAK-sangbundel trek ʼn splinternuwe baadjie aan. Dié skatkis van Afrikaanse volksmusiek is nuut gemaak om liedjies wat die afgelope 40 jaar in Afrikaanse musiek geblom het, te laat voortleef vir nog ʼn generasie of wat. Danie Langner en Jannie du Toit deel gedagtes oor die interessante maniere waarop liedjiekeuses…
TT Cloete: Die ander een is ek
Cloete se jongste prosawerk met ʼn literêr-filosofiese inslag is geïnspireer deur kennismaking met die dood. Dit het gelei tot ʼn besinning oor ons menslike bestaan. Heilna du Plooy praat met die gevierde Cloete oor dié belangrike sleutel tot sy oeuvre.
Marita van der Vyver
Murray La Vita vra Marita van der Vyver uit oor haar roman Die blou van onthou. Sy vertel meer oor die swaarkry en lekkerkry agter die klaarkry van die roman wat oor geslagte heen in Suid-Afrika en in Portugal afspeel. Marita verklap ook geheime oor haar nuutste skryfprojek.
Jeanne Goosen
As plat-op-die-aarde digter, dramaturg, rubriekskrywer en prosaïs het Jeanne Goosen diep in lesersharte gekruip. Liza Albrecht vra dié geliefde skrywer uit oor haar interessante lewe en die vele afdraaipaaie in haar kleurryke loopbaan.
Onse Vaders
Hanlie Retief ondervra Karin Brynard, oud-joernalis en skrywer van misdaadromans, oor haar jongste boek Onse Vaders. Allerlei interessante kwessies kom ter sprake, soos ware misdaad teenoor fiktiewe misdaad en die vraag waarom, in ʼn land deurdrenk van bloed, mense net meer en meer soek.