FAK Sangbundel II
--:--
Die FAK-sangbundel trek ʼn splinternuwe baadjie aan. Dié skatkis van Afrikaanse volksmusiek is nuut gemaak om liedjies wat die afgelope 40 jaar in Afrikaanse musiek geblom het, te laat voortleef vir nog ʼn generasie of wat. Danie Langner en Jannie du Toit deel gedagtes oor die interessante maniere waarop liedjiekeuses gemaak is.