VivA Afrikaans-joernaal

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.
Occasionally English South Africa Language Learning · Arts
95 Episodes
20 – 40

Kaplaks! loop sy in die ruit vas

Flaps-flaps stap sy met haar stewels deur die water. Klankekspressies soos klanknabootsing en klankskildering. (Jana Luther) Voorgelees deur Karen Loots.
6 May 2022 4 min

Intensiewe vorme, Noag en die kanon

Een van die gereeldste (en lastigste) navrae wat ek kry, is oor intensiewe vorme. Versamelname, vergelykings en intensiewe vorme is groot griewe, vir onderwysers, vir leerders, en vir hulle ouers wat moet help huiswerk doen, want dié goed het in die taal versteen geraak en die jonger geslag moet hierdie…
6 May 2022 5 min

Taalsuiwerheid – die plek van die standaardvariëteit

Enige taal se sprekersgemeenskap is ʼn losse mengsel van moedertaal-, tweedetaal- en vreemdetaalsprekers, van oumense en tieners, van geleerdes en gewones, van vaandeldraers en knutselaars. Almal het die reg om deel te wees van die taalgemeenskap, en almal se bydrae, hoe krom en skeef dit nou ook al mag lyk,…
6 May 2022 3 min

Versamelnaamwoorde, vers 2

In hierdie opname bepeins Sophia Kapp die onvas en onvoorspelbare versamelnaamwoorde. Voorgelees deur Karen Loots.
6 May 2022 4 min

Wurgpatat sluk is swaar sowaar

Van tuin-aartappeltjies tot aartappelbovis, stoelpatat tot warm patat. Wyl Dawid elders wortels grawe, spit Jana Luther knolle uit.
13 Sep 2019 8 min

Kaatjie en klaar

In ’n vorige aflewering in hierdie joernaal (“Gawies, japies, en brawe Hendrikke”, 19 Oktober 2018) vertel Jana Luther van Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, asook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag luister iemand daarna en vra: Waar is die vroue dan? Hulle is minder,…
17 Aug 2019 8 min

Bord, bordeel, van tafel tot bed

Bord, bordeel, van tafel tot bed (Jana Luther). “Waar kom die woord ‘bordeel’ vandaan?” vra ’n Hollander op Twitter terwyl ’n klub vir volwasse vermaak terselfdertyd in Suid-Afrika in die nuus is. “Bordeel.” ’n Prima voorbeeld van hoe ’n eenvoudige woord in betekenis kan gedy wanneer sprekers van verskillende tale…
19 Jul 2019 10 min

Pampoen tot pampoesie

Van pampoen tot pampoesie (Jana Luther). Oor kaboepampoen; korrelkop-, kromnek- en gatruikerpampoene; bulpampoene; pampoentyd; pampoenspoke; seepampoentjies; en meer.
16 Jun 2019 9 min

Deund, wrik, hekel en snert

Deund, wrik, hekel en snert (Jana Luther). Op die spoor van taalfossiele in komplekse woorde en vaste uitdrukkings in Afrikaans.
13 Jun 2019 14 min

Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?

Van ons menswees is taal waarskynlik die grootste kenmerk, die resultaat van die kreatiwiteit en vindingrykheid van duisende geslagte. Hoe gee woordeboekmakers aan dié anonieme en kollektiewe kuns gestalte, en hoe word hul werk gemeet? Jana Luther blaai deur die 15de deel van die Woordeboek van die Afrikaans Taal en…
3 May 2019 13 min

Pase, Pasga, hase en bolletjies

Pase, Pasga, hase en bolletjies (Jana Luther). ’n Paasnaweekepisode oor die oorsprong van die feesdae, die Joodse feesmaaltyd, die mite van die paashaas, die storie van paaseiers, en die geskiedenis van en bygelowe met betrekking tot paasbolletjies.
21 Apr 2019 9 min

SADiLaR vier Jaar van Inheemse Tale

SADiLaR vier Internasionale Jaar van Inheemse Tale (Jana Luther). 2019 is die Internasionale Jaar van Inheemse Tale (#IYIL2019). Vier saam met SADiLaR Suid-Afrika se taleverskeidenheid, want “mens sonder taal is soos slimfoon sonder apps”.
21 Mar 2019 9 min

Antjie en kie

Antjie en kie (Jana Luther). Kinderskrikverhale oor bangmaakfigure en -verskynsels kom voor in die meeste lande en kulture van die wêreld. In Ysland is daar Grýla; in die Afrikaanse folklore Doederomandro, Antjie Somers, Kettemekê, Kaaiman, Kapkaatjie, die Kappietante en nog baie ander.
8 Mar 2019 9 min

"Ken jy die see, Meneer?"

"Ken jy die see, Meneer?" (Jana Luther) Van die vervlietende wêreld van Afrikaanse vissersgemeenskappe en Afrikaans as visserstaal bied die WAT kosbare glimpe.
21 Feb 2019 12 min

Hempie-raak-my-nie

Hempie-raak-my-nie (Jana Luther). Duifie sonder gal? Of bokbek en omgemoer? Vir elke omgekrapte bui is daar in die WAT ’n beskrywing.
8 Feb 2019 5 min

Koffieklets

Koffieklets (Jana Luther). Waar kom die woord “koffie” vandaan? Wat het ons voorsate in die plek van koffie gedrink? Hoeveel spreekwoorde en uitdrukkings met die woord “koffie” ken jy? Oor “koffie” skryf die WAT lank en lekker.
26 Jan 2019 11 min

Dikstertmerries en feite soos koeie

Dikstertmerries en feite soos koeie (Jana Luther). Teenoor die spesialiswetenskap van die etimologie staan die volksetimologie van Jan en alleman; gewone mense wie se tonge oor vreemde woorde struikel, en wat dan spontaan en heeltemal onwetenskaplik, dié tongknopers by hulle eie taal, hul eie variëteit, hulle eie, unieke taalgebruik aanpas.
15 Nov 2018 5 min
20 – 40