Sewe opdragte vir taalonderrig (Jana Luther). Terwyl die taalkurrikulum in Nederland ingrypend hersien word, bied die Afrikaanse Taalraad op 9 en 10 November 2018 ’n werkwinkel aan oor die ondersteuning van Afrikaansmediumonderrig en Afrikaans as vak in die Wes-Kaap. Hoe lyk die sewe “groot opdragte” wat vir die vak Nederlands…
Gawies, japies, en brawe Hendrikke (Jana Luther). In baie, veral ouer Afrikaanse uitdrukkings word algemene, alledaagse mansname gebruik om mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aan te dui; dikwels vergesel van ’n tiperende bynaam of van: Daantjie Donderbos, Karel Grootoog, Jakob Eensnaar, vrolike Frans, brawe Hendrik…
Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans (Jana Luther). Van 4-6 Oktober 2018 is die tweede Afrikaans Grammar Workshop (AGW) as deel van vyfde Afrikaanskollokwium in Gent aangebied. Ondanks herhaaldelike versekerings deur die organiseerders dat dié aanbieding in België ’n eenmalige gebeurtenis was, was ’n handjievol Afrikaanse akademici tog ietwat beswaard…
“Sneupe vol sneus” (Jana Luther). Uit “bhang”, die Indiese naam vir Cannabis sativa (volgens Facebook ook “omkyktwak”), het die Konstitusionele Hof in September 2018 vir bostrekkers die benoudheid gehaal. In hierdie podsending kan jy luister na alles wat jy nog altyd van aaptwak, van mak- en wildedagga, wou geweet het.
Skitter in Afrikaans (Jana Luther). Die taalafdeling van die ATKV ondersteun sedert 2012 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal-onderwysers deur landwyd eendagwerkswinkels aan te bied. Hierdie praatjie oor woordeboeke in die klaskamer word tydens so 'n werkswinkel by die UWK aangebied.
Awendrood, water in die sloot (Jana Luther). Vir mense wat na aan die natuur leef, dui verskeie dinge aan dat reën naby is: reënpaddas, rysmiere, dolfies, donderbesies, misroepertjies ... In die Noordelike Halfrond word gespog dat bewoners van ysgebiede meer as 200 verskillende woorde vir sneeu het. Hoeveel soorte reën…
'n "Poenankies"-podsending (Gerhard van Huyssteen). "Poenankies" beteken ‘oulik’ of ‘fraai’, ʼn lekker alternatief vir die slengwoord "cute". In die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls word "poenankies" vir die eerste keer as Standaardafrikaans erken. In hierdie podsending kyk ons na enkele taalkundige aspekte van die woord en veral na…
“Proe hoe soet ’n ghoukom smaak” (Jana Luther) Luister na Coenie de Villiers se "Namakwaland". Rol jou tong om die klanke. Vind in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT), van Kamieskroon tot Kommagas, tussen ghwarriebos, ghnarrabos en ghneitjies, ghabessies, ghommabos en ghaap, ’n karnaval van diere. Laat jou…
Meerkatmededelings (Gerhard van Huyssteen). Waar kom die woord meerkat vandaan? Wat noem hulle Timon in The Lion King in Engels? Is ʼn meerkat en ʼn Engelse suricate dieselfde ding? Wat is die verband tussen ʼn Engelse vervet en grivet, Nederlandse groene meerkat en ʼn Afrikaanse blouaap? Wat vir ʼn woord…
Dan loop ons so onder deur die maan (Jana Luther). Om saam te val met die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu op Vrydagaand 27 Julie 2018, 'n podsending oor maanmites en -legendes, bygelowe, spreekwoorde en uitdrukkings, maanalmanakke, en meer.
ICL20 (Jana Luther). Van 2 tot 6 Julie 2018 is die Internasionale Linguistiekkongres vir die eerste keer op die Afrikavasteland aangebied. In die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum het taalkundiges uit tientalle lande in 10 parallelle sessies oor vyf dae sowat 650 referate gelewer en altesaam 27 werkswinkels gehou. In aansluiting by…
Standaardtaal en omgangstaal (Jana Luther). In Suid-Afrika met sy elf amptelike tale verstaan meer as 7 miljoen mense Afrikaans, en uit die mond van elk van dié 7 miljoen klink Afrikaans net ’n klein bietjie anders as die Afrikaans van enigiemand anders. So beskou, is daar van Afrikaans vandag nie…
Oor "huidiglik" (Gerhard van Huyssteen). Die woord "huidiglik" is 'n doring in die vlees van menige taalpraktisyn en taalgebruiker, maar word desalnietemin gereeld in geskrewe en gesproke taal gebruik. In hierdie podsending word die woord vanuit verskillende perspektiewe toegelig, ten einde uitsluitsel te probeer kry hoe ons in 2018 oor…
Groentesop en vrugteslaai (Jana Luther). Dié week was ek in die WAT en die HAT se vrugteboorde en groentetuine, waar plante nie net as voedsel dien nie, maar ook kleur aan ons taalgebruik verleen. Hier is ’n mandjie vol.
Gesprek oor Kaaps (Jana Luther en Frank Hendricks). Prof. Frank Hendricks is pas afgetrede hoogleraar in sintaksis, variasietaalkunde en naamkunde van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland, voormalige ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalkommissie en mederedakteur van die histories belangrike boek Kaaps in Fokus wat in 2016…
Moenie so pandora wees nie (Jana Luther). Dié uitdrukking hoor ek nou die dag in ’n hysbak in die Media24-gebou in Kaapstad. Eg Kaaps? Of word dit ook elders gebruik? Laat weet vir ons. Maar of dit nou van hier is of van daar: Dit kom van ver.
Van Bologna tot Benoni (Jana Luther). Toe die verband tussen vleisfabrieke en listeriose onlangs blyk, is polonie snel van winkelrakke verwyder. Nog ’n verdoemende beoordeling van dié kamma-mortadella is die Amerikaanse woord "baloney", wat naas ‘wors’, ook ‘bog’ of ‘onsin’ beteken. Kan ’n Mens in Afrikaans "polonie" ook só gebruik?…
Rododendron of viooltjie? Albatros of sysie? (Jana Luther) In twee vorige podsendings het ek oor klankekspressie gesels: klanknabootsing, of onomatopee; en klankskildering. ’n Derde vorm van klankuitdrukking, wat minder duidelik as onomatopee en klankskildering is, en waaroor hierdie laaste aflewering in dié reeks handel, is klanksimboliek. Om klanksimboliek, soos dit…
Kaplaks! loop sy in die ruit vas (Jana Luther). In my vorige podsending het ek oor klankekspressie gesels. Dié soort waar mense klanke wat hulle hoor, met hulle stemme probeer naboots: die geluide van diere, voëls, insekte, selfs plante. Dié soort klankuitdrukking, die eerste van drie tipes waarby ek stilstaan,…
Lang woorde en reklametaal (Gerhard van Huyssteen). Vasstamper; wisselrigter-sweismasjien; vinnigruilbeitelhouer; metaaldraadsnydraaibank met gangwissel; hidrouliese bandsae; pneumatiese naelklinkers; suigtoevoersproeispuite; freesmasjiene; voetknipmasjien; kis- en panplaatmetaal-voumasjiene; gliprollers; draaiflensbuigmasjien; banktapgatmasjien; bossiekappers; awegaars; draagbare loopteleskoop. Dié is alles woorde wat onlangs in 'n baie goed versorgde reklamebrosjure verskyn het. Gerhard praat oor Afrikaans in die…
10 Mar 2018
10 min
40 – 60
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.