GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
925 Episodes
832 – 852

Gister Se Grotes Huldeblyk aan Irene van Wyk

Irene van Wyk was aanvanklik bekend as die meisie wat saam met Steve Hofmeyr sing, maar het later weggebreek van hierdie titel toe sy haar eie unieke stempel op musiek begin afdruk. Alhoewel haar stem mense aan Tina Turner herinner, het sy met haar eiesoortige styl, veelsydigheid en sonderlinge vokale…
26 May 2019 9 min

Pietie Beyers oor die Skemerson-film

In die fliek Skemerson ontmoet 3 karakers mekaar by die Bloukransbrug. Elkeen van hulle is op hul eie unieke lewensreis en bevind hulself dus daar vir ‘n ander rede. Ons gesels met Pietie Beyers (akteur), die meesterbrein (of Blitsbrein…) agter die konsep, oor hierdie spesiale projek.
4 May 2019 5 min

Christo Burger & Michael Barrett oor Capital Singers: Rewind 70's & 80's

Christo Burger & Michael Barrett, die vervaardigers en dirigente van die Capital Singers: Rewind 70's & 80's, kuier regstreeks vanaf die Sun Arena, Time Square by Groot FM 90.5 om te gesels oor hierdie opwindende produksie saam met sangers soos Elvis Blue, Joseph Clark en Vicky Sampson.
4 May 2019 8 min

Laurika Rauch kuier in Gister Se Grotes

Die gesegde lui: Eenvoud is styl. Dit val in meeste mense se smaak. En sal nooit uit die mode uit gaan nie. Laurika Rauch het die gesegde vervolmaak. Nie een of twee maal nie, maar keer op keer. Die werk wat sy eerste vrygestel het is nog net so relevant…
28 Apr 2019 39 min

Min Shaw kuier in Gister Se Grotes

In die boek 50 Stemme (Die grootste name in Afrikaanse musiek) skryf Ilza Roggeband dat Min Shaw op haar dag die grootste ster in Suid-Afrika was. “Met die een trefferplaat na die ander en rolle in van die gewildste Afrikaanse flieks ooit, was sy ‘n huishoudelike naam.” Daarom is dit…
14 Apr 2019 20 min

André Swiegers kuier in Gister Se Grotes

André Swiegers het in 1990 sy deurbraak as liedjieskrywer gemaak, nadat Laurika Rauch sy liedjie “Blou” opgeneem en dit trefferstatus bereik het. As sanger is hy bekend vir liedjies soos “Eva” en die tong-in-die-kies treffer “Jammer om te hoor”. Maar dis nie waar sy loopbaan begin en eindig nie. Hy…
7 Apr 2019 36 min

Tobie Cronje kuier in Gister Se Grotes

Tobie Cronje… Sedert 1948… Hy was in al wat ‘n reeks, film en verhoogstuk is te sien. Hy is meestal bekend vir sy komiese aanslag, veral in klugte en die pantomimes van Janice Honeyman. Maar hy is egter ook ‘n sterk dramatiese speler soos hy weer onlangs bewys in die…
24 Feb 2019 25 min
832 – 852