GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
861 Episodes
852 – 861

Barbara Ray kuier in Gister Se Grotes

Barbara Ray vertel dat sy al op 15 begin sing het en hoe sy van Skotland in Brakpan beland het. Sy gesels oor van haar grootste treffers, toekennings en loopbaansukses beide hier en oorsee.
12 Nov 2017 11 min

Jannie du Toit kuier in Gister Se Grotes

Jannie du Toit gesels oor Liedjie Vir Jou, Margaretastraat langs die Pretoria dieretuin en sy bydrae tot die Afrikaanse Musiek en Liriek beweging. Hy verklap ook hoe hy en Christa Steyn begin saam werk het.
5 Nov 2017 17 min

The Bellamy Brothers kuier in Gister Se Grotes

Amerikaanse pop en country-musiek duo, The Bellamy Brothers, David Milton en Homer Howard toer eersdaags na Suid-Afrika en Namibië. Hulle verklap dat hul pa eintlik die rede is dat hulle musiek begin maak het en gesels oor van hulle grootste treffers.
29 Oct 2017 8 min

Mynie Grove kuier in Gister Se Grotes

"Sweef soos 'n arend" is een van die beste, maar ook slegste stories in my lewe..." Mynie Grove gesels oor haar loopbaan en beskryf musiek as die klankbaan van die lewe.
22 Oct 2017 23 min

Rouel Beukes kuier in Gister Se Grotes

Rouel Beukes is een van die bekendste basstemme in Suid-Afrika. Hy het met Francois van Rensburg gesels oor sy loopbaan oorsee en tuis. Hy verklap ook iets van sy 39ste huweliksherdenking en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan om 'n suksevolle loopbaan weg van die huis af met die van…
8 Oct 2017 21 min
852 – 861