Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,968 Episodes
1600 – 1620

ToekomsVenster: Bid, dis nie so moeilik nie

Een van die geloofsgewoontes waaroor ons dikwels skuldig en minderwaardig voel is gebed. Vra die Here dat Hy jou help om gebed as ʼn opbouende en vertroostende genadegawe te beleef. Hou op skuldig voel. God kyk na jou hart.
3 Jul 2019 9AM 3 min

ToekomsVenster: ’n Kolskoot vir 'n gelukkiger lewe

Hoe lyk jou verhaal van voorbereiding? ʼn Mens is nooit daarmee klaar nie want doelwitte skuif en verbreed. Uiteindelik wil ons soos ons Mentor en Verlosser Jesus wees. Kan jy onderhoudend gesels oor die doelwit waarheen jy op weg is?
25 Jun 2019 2PM 2 min

ToekomsVenster: Genoeg plek onder die son

Daar is plek vir ons almal onder God se son. Hy het ons na sy beeld en gelykenis gemaak. Help ander, veral hulle wat nie die geleenthede gehad het nie om hul uniekheid te ontdek en uit te leef.
21 Jun 2019 9AM 3 min

ToekomsVenster: Beleef die oomblik

Ek weet nie of ek die einde van hierdie dag gaan sien nie, jy ook nie. Die lewe is onseker, net God leef sonder om te wankel. Ek het net die oomblik. Ek moet dit beleef. En jy?
10 Jun 2019 10AM 5 min

ToekomsVenster: Jesus se groot opdrag

Hierdie woorde van Jesus word die “groot opdrag” genoem. Ons vind dit in verskillende vorme in al die Evangelies maar die saak staan vas, ons word geroep en uitgestuur. Hoe maak jy met die groot opdrag?
5 Jun 2019 10AM 3 min
1600 – 1620