100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
835 Episodes
4 – 24

Lulu op pad na Paralimpiese Spele

Juané "Lulu" le Roux (17) gaan vanaf Augustus in Parys, Frankryk, aan die Paralimpiese Spele deelneem. Die Hoërskool Nelspruit-leerling neem in die F46-klas aan gewigstoot en spiesgooi deel. Sy kuier saam met die skool se DP Badenhorst in die ateljee.
30 Apr 10 min

So werk spesiale stemme in Mei

Jy het tot 3 Mei om aansoek te doen om 'n spesiale stem uit te bring met die komende algemene verkiesing. As jy bejaard of swanger is, op stemdag moet werk of weg van jou stemlokaal moet wees kan jy al 27 of 28 Mei gaan stem. Thea Rix verduidelik…
29 Apr 10 min

SACBW netwerk met pret

Die South African Council for Business Women (SACBW) het al takke in Nelspruit en Witrivier. Secunda het eersdaags hul eerste vergadering en Nkomazi is in die proses om gestig te word. Estelle Roe en Annelize Marais vertel meer oor die voordele van lidmaatskap en hul volgende netwerksessie.
29 Apr 11 min

Serebrale gestremdheid kan Cameron Meyer nie keer nie

Cameron Meyer het serebrale gestremdheid. Dit is egter nie iets wat hom terughou nie. Boonop is so spesiaal dat die rugbyspelers van sy skool, Penryn, en Uplands by die derby verlede naweek hom 'n speelkans gegee het, Hy kon selfs 'n drie gedruk. Hy kuier saam met Keagan du Preez,…
29 Apr 10 min

Pumas môre tuis teen Luiperds

Die Airlink Pumas en Suzuki Griekwas bly onoorwonne in die SA Beker-reeks met die poubloues bo-aan die punteleer weens hul beter punteverskil. Die pienktruie speel die naweek weer tuis, teen die Luiperds by Nelspruit-rugbyklub Saterdagmiddag. Hulpafrigter, Corné Steenkamp, gesels met Sonop Ontbyt.
26 Apr 8 min

NHS-revue 2024: Genres

Volgende week is dit weer Hoërskool Nelspruit se revue. Dié produksie voldoen aan die hoogste standaarde en kaartjies is baie gesog. Mické Botes en Richard Dickson, beide dansers, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 6 min

Beraad oor Bela eersdaags in Mbombela

Solidariteit beplan 'n beraad oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). Dit vind op 8 Mei by Laerskool Laeveld plaas. Tiaan Schoeman, 'n netwerkorganiseerder vir Solidariteit, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 7 min

Sitrusprodusente verwag rekord uitvoere, ondanks uitdagings

Die Sitrusprodusentevereniging van Suider-Afrika verwag 'n sterk uitvoerseisoen, met 'n geprojekteerde sewe-persent toename in suurlemoenuitvoere, wat 'n verdubbeling is sedert 2016. Justin Chadwick, die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, sê hulle gaan binne ‘n maand met die EU, die grootste uitvoermark, konsulteer oor nuwe eise wat hulle stel oor "false…
24 Apr 13 min

Heroïenkrisis: Hoe groot is dit werklik?

Hoe groot is Suid-Afrika se heroïenkrisis soos beskryf in 'n onlangse studie in die "Journal of Illicit Economies and Development"? Marina Erasmus van SANCA Laeveld, verduidelik wat hulle op voetsoolvlak beleef - en waar jy kan aanklop om hulp as jy pynmiddels vir iets anders as pyn begin gebruik.
23 Apr 14 min

Heroïenkrisis: Hoe groot is dit?

Hoe groot is Suid-Afrika se heroïenkrisis soos beskryf in 'n onlangse studie in die "Journal of Illicit Economies and Development"? Marina Erasmus van SANCA Laeveld, verduidelik wat hulle op voetsoolvlak beleef - en waar jy kan aanklop om hulp as jy pynmiddels vir iets anders as pyn begin gebruik.
23 Apr 14 min

Innibos 2024: Wenresep met al die regte bestandele op een plek

Innibos is al 20 jaar oud en jaarliks bied dit feesgangers iets nuut. Dit vind van 27 tot 30 Junie in Mbombela plaas. Stadig maar seker word al die bestanddele bymekaar gekry vir ’n feestelike Wenresep van toneel, musiek, kuns en boeke. Sandra Jacobs sê die een ding wat vanjaar…
23 Apr 13 min

Kleindorpie Karakter: Lance en Carla Gibson

Lance en Carla Gibson is bedrywige mense in Graskop. Hulle besit 'n restaurant terwyl hy voorsitter is van die Graskop-belastingbetalersvereniging en die plaaslike boks gim bestuur. Carla is ook die stigter van Graskop Animals In Need (GAIN).
22 Apr 16 min

Geïntegreerde sekuriteit-plan vir Laeveld

Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) het reeds R9 miljoen belê om sekuriteit in die Laeveld te integreer en sodoende almal te beveilig. Linda Grimbeek vertel waar dit staan.
22 Apr 14 min

Polisie op spoor van verdagtes wat juwelierswinkel in Nelspruit beroof

Die polisie is op soek na verdagtes wat na bewering Donderdagoggend 'n juwelierswinkel in Nelspruit beroof het. Twee verdagtes het glo die winkel bestorm, werknemers met vuurwapens gedreig en kontant geëis. Hulle het personeel beveel om die kluis oop te maak en het ook die werknemers van juweliersware, selfone en…
15 Apr 1 min

Willewragtag met passie vir karre

Pieter Landman en Marina Coetzee het vir Skedaddle meer vertel oor die Nkomazi 400 wat die naweek plaasvind. Pieter het ook sy ervaring by vanjaar se Dakar-tydren gedeel.
15 Apr 27 min
4 – 24