100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
850 Episodes
64 – 84

Ride for a Child stel wêreldrekord op

Die Ride for a Child-motorfietsryers kon tydens die onlangse vyfde aflewering hiervan daarin slaag om 'n wêreldrekord op te stel met 2 616 motorfietse wat in tandem gery het ten bate van liefdadigheid.
20 Mar 15 min

All Wrapped up 'n geloofsprong

René Rudder het eers uit haar werk as verkoopsverteenwoordiger bedank, en toe naaldwerklesse gekry om All Wrapped Up in 2022 te begin. Sy vertel van hierdie geloofsprong.
20 Mar 9 min

Groot geleenthede vir toerisme

Daar mag uitdagings wees in SA wat veral toerisme-operateurs hoofbrekens gee, maar daar is ook legio geleenthede. Besoekersvlakke is ook besig om te herstel na vlakke voor die pandemie. Tijan Oberholzer, direkteur van Touch Down, sê plaaslike toerisme-operateurs moet fokus op die plaaslike mark, en buitelandse besoekers beskou as die…
19 Mar 7 min

APD Mpumalanga leer kunsvlyt

Die vereniging van mense met gestremdhede (APD) in Mpumalanga het 'n interessante program van stapel gestuur waarvolgens lede kunsvlyt leer doen. Thulakahle. Khumalo gesels met Sonop Ontbyt.
18 Mar 11 min

Jimmy Stonehouse 10's môre

Die Jimmy Stonehouse 10's vind môre by Hoërskool Bergvlam plaas. Sam Sikiwe verduidelik vir Sonop Ontbyt wat 10 aan 'n kant rugby behels.
15 Mar 9 min

Sien om na jou niere

Mense moenie die belangrikheid van die gesonde funksionering van hul niere onderskat nie, sê Mariska Player van White River Dialysis.
14 Mar 13 min

Miqsy Creations hou passie lewend

Monique Grib van Miqsy Creations was sedert haar eerste kennismaking met Polymer-klei vasbeslote om haar kuns in 'n suksesvolle onderneming te omskep.
14 Mar 14 min

DA bekommerd oor planne met Varsproduktemark

Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onduidelikheid rakende wie die grond besit waarop die Agentskap vir Ekonomiese Groei in Mpumalanga (MEGA) die Varsproduktemark bou. Bosman Grobler sê die entiteit se derde kwartaallikse verslag laat dit voorkom asof hulle beplan om dit oor te dra aan ‘n…
13 Mar 6 min

SAVF Nelspruit hier vir gesinne

Leshego Diloane, 'n maatskaplike werker by die SAVF Kinderbeskermingseenheid in Mbombela, sê ouers behoort eintlik opleiding te ontvang in hoe om kinders groot te maak.
12 Mar 10 min

Tenbosch bring nuwe mynaansoek vir wildtuin

Tenbosch Mining het hul aansoek om steenkool in die Krugerwildtuin te myn - wat hulle na bewering in 2022 terug getrek het - heringestel. Ons gesels met Lambert de Klerk, hoof van omgewingsake by AfriForum.
11 Mar 8 min

UXI Pumas Rugbyinstituut

Die UXI Pumas Rugbyinstituut is nou in sy vierde jaar en groei met rasse skrede. Hulle het vanjaar ook hul eerste vrou in die program verwelkom. Morné Booyens, die operasionele bestuurder, gesels met Skedaddle.
11 Mar 16 min

Dewald Gouws: Staan op

Gospel-sanger Dewald Gouws is in die Laeveld vir optredes. Hy het by Amanda kom inloer en gesels oor sy jongste CD, "Staan op" wat pas vrygestel is.
8 Mar 19 min
64 – 84