HunTer Leite, Soné en Scallywag is van die kunstenaars wat vandag vir Jamie Fine open tydens haar konsert by die Laeveld Botaniese Tuin. Hulle het in die ateljee kom inloer.
Die Mass Animal Sterilization Trust (Mast) in Sabie hou gereelde uitreikaksies na omliggende areas waar hulle mense se troeteldiere vir hulle steriliseer. Debbie Moller sê hul fondsinsameling op 1 Mei help om hierdie noodsaaklike diens te befonds.
Juané "Lulu" le Roux (17) gaan vanaf Augustus in Parys, Frankryk, aan die Paralimpiese Spele deelneem. Die Hoërskool Nelspruit-leerling neem in die F46-klas aan gewigstoot en spiesgooi deel. Sy kuier saam met die skool se DP Badenhorst in die ateljee.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.