Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
371 Episodes
260 – 280

Wielie2Wiele vat die pad met Audi se nuwe Q7

Hierdie week skyn Wiele2Wiele die kollig op Audi se nuwe Q7, gaan ry met Nissan se spesiale Qashqai Midnight Edition en deel Nissan se nuus oor hulle nuwe Navara-bakkie. Hulle gee ook raad oor dinamometers en vertel jou wie is ons Suider-Afrika-deelnemers aan die 2021-Dakar-ren.
24 Nov 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met die Mercedes-AMG A 35

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Mercedes-AMG A 35, Honda se nuwe Ballade en hulle nuwe WR-V. Toyota se opgekikkerde Fortuner is hier en hulle het 2021 Dakar-nuus. Powerflow Bellville verduidelik die verskil tussen vlekvrye staal en sagte saal en dan kan jou sesde sintuig jou beskerm op jou…
18 Nov 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met die giftige Cayenne GTS

Hierdie week is Wiele2Wiele rooi en mooi met Porsche se giftige Cayenne GTS. Hulle vertel vir jou meer oor die oulike Mazda2 en voel of hulle in ‘n luukse sitkamer sit met Mercedes-Benz se V300d-bussie. Hulle het ‘n interessante wenk en gesels met Neil van der Vyver, die nuwe 65cc-…
11 Nov 2020 26 min

Luister: Wiele2Wiele ry met Porsche se blitsige 911 Turbo S

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan jy styf moet vasklou vir Porsche se blitsige 911 Turbo S. Hulle vat jou ook op ‘n Land Rover Defender-ekspedisie saam met die Kingsley Holgate-stigting om ‘n verskil te maak, raak groen oor Car-tydskrif se ‘Performance Shootout’ en raak lus vir ‘n motorfietsavontuur saam met…
4 Nov 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met die Grand i10 en Civic Sport-sedan

Hierdie week vertel Wiele2Wiele jou meer oor Hyundai se nuwe Grand i10, gaan rits rond met Honda se Civic Sport-sedan en vat die pad saam met Dunlop-bande en hulle ‘Grandtrek Uncharted’-projek. Hulle vertel jou ook meer oor hul ervaring van BMW se R 180-motorfiets en maak jou lus om weer…
28 Oct 2020 26 min

Luister: Wiele2Wiele ry met Cayman GT4

Hierdie week het die Wiele2Wiele-span ‘n giggelgeel-laggie van lekkerte wanneer hulle gaan ry met die Porsche 718 Cayman GT4. Hulle vertel jou ook oor Renault se Sandero-reeks wat opgeknap is met ‘n Stepway Techroad-model, hoor hoe klink dit binne-in ‘n SVI Max 3 koeëlvaste voertuig en gee raad vir 2-wiele.
20 Oct 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met die Hilux Legend RS-bakkie

Hierdie week kry opgeknap ‘n nuwe betekenis wanneer Wiele2Wiele gaan ry met Toyota se nuwe Hilux Legend RS-bakkie. Hulle gaan saam met Liana Reiners op ‘n Kia-avvontuur, gaan loer in by Powerflow Bellville om te sien wat by hulle op die voertuighysers is, gesels oor die voordele van allooiwiele en…
14 Oct 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele ry met Isuzu se opgeknapte mu-X

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se opgeknapte sewesitplek-mu-X-sportnuts, rits rond met Suzuki se Ignis wat ook nou ‘n nuwe baadjie het en verken die Kaap by die bekendstelling van Kia se Seltos-dieselenjin. Hulle gee raad oor hoe om jou outomatiese voertuig te sleep en vir 2wiele gaan die…
30 Sep 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met die Land Rover Defender

Wiele2Wiele het met die nuwe Land Rover Defender gery en kan nie uitgepraat raak nie. Toyota sê totsiens vir die Etios maar verwelkom die nuwe Starlet wat veral die jongklomp se aandag gaan trek. Hulle gesels oor elektroniese stelsels en oor die Total Agri 400-veldren wat naelskraap geëindig het.
22 Sep 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met Hyundai se Venue

Hierdie week ry Wiele2Wiele met Hyundai se Venue, leer hoe jy vinniger kan raak om die renbaan met die Garmin Catalyst, hoor hoe ‘n duikie verfloos kan verdwyn en gaan op ‘n avontuur met Suzuki se V-Strom 1050 XT-motorfiets.
15 Sep 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met Mazda se CX-5 en Isuzu se D-Max

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Mazda se CX-5-sportnuts en Isuzu se D-Max 250 X-Rider-bakkie. Hulle verduidelik wat is rem-homologasie en vir 2-wiele kyk hulle na die onthulling van BMW se grootse bokserenjin in ‘n motorfiets – die BMW R 18.
8 Sep 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor die Porsche Panamera

Hierdie week droom Wiele2Wiele oor die nuwe Porsche Panamera wat internasionaal bekendgestel is, gaan ry met Ford se Ranger Wildtrak-bakkie en spandeer tyd met Land Rover se Discovery Sport. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatstelsels wat jou voertuig kan laat fluister of grom en raak nostalgies oor die heel eerste supermotorfiets…
2 Sep 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor die Kia Picanto Runner

Hierdie week kom kuier ‘Jane Fonda’ by Wiele2Wiele met die nuwe Kia Picanto Runner. Dan gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se opgekikkerde C-HR en gaan grawe in die argiewe saam met Ford SA vir Vrouemaand – Jeanette het in 1999 met ʼn Ford Mustang ‘n landspoedrekord vir vroue opgestel. Hulle…
25 Aug 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele Jaguar F-Type

Hierdie week vier Wiele2Wiele Vrouemaand met die aankoms van Jaguar se nuwe F-Type, praat oor ʼn ten volle elektriese driewiel-afleweringswaentjie wat in Stellenbosch ontwikkel is en vervaardig word, raak opgewonde oor motorsport wat weer in Suid-Afrika begin het en gaan kuier saam met die Superbike tydskrif by Brad en Darryn…
18 Aug 2020 26 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor BMW, Toyota se Corolla en Brad Binder

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor BMW se M340i X-drive – die enigste sessilinder in die BMW 3-reeks en gaan ry ook met die vars en moderne nuwe Toyota Corolla Sedan. Hulle glimlag oor tweeslag-enjins wat op pad terug is en staan breëbors trots oor die Suid-Afrikaner Brad Binder wat geskiedenis…
11 Aug 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met die Porsche Taycan

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Porsche se eerste ten volle battery-aangedrewe elektriese voertuig, die Porsche Taycan. Hulle gaan ry wind in die hare verder met die Zontes ZT310-T Adventure-motorfiets, gesels oor AutoTrader se ‘2020 Car Industry Report’ en skop stof op met groot plaaslike motorsport nuus.
4 Aug 2020 25 min

Luister: Wiele2Wiele ry met die vuurwarm Megane RS 300 Trophy

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Renault se vuurwarm Megane RS 300 Trophy wat hulle nou self eerstehands beleef het. Hulle is ook beïndruk met Mitsubishi se Eclipse Cross 1.5L en glimlag breed oor die brandstofverbruik wat jy kry van die Zontes ZT310-T Adventure-motorfiets. Dit is nou ‘n goeie tyd om…
28 Jul 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele gesels oor Land Rover se Defender

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Land Rover se langverwagte Defender, gaan ry met Jaguar se F-Pace Chequered Flag en wonder hoe lank jy brandstof kan stoor. Hulle raak opgewonde oor die eerste Moto GP-ren van die jaar en gesels met Clinton Pienaar oor die Julie-uitgawe van die Superbike-tydskrif wat jy…
22 Jul 2020 24 min

Luister: Wiele2Wiele kwyl oor Lamborghini se Sián Roadster

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke. Hierdie week kwyl Wiele2Wiele oor Lamborghini se kragtigste voertuig nog – die Sián Roadster. Hulle rits ook rond met Ford se gewilde Figo Blu en raak opgewonde…
14 Jul 2020 25 min
260 – 280