Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê die DA se verklaring oor die onwettige besetting van behuisingsprojekte is misleidend. Die party beskuldig die departement dat hy versuim om behuisingsprojekte te beskerm en sê 14 is die afgelope vyf jaar onwettig beset - onder meer Eagle Nest, Western Mega Project en…
Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, ambassadeur Penda Naanda, het dringende wêreldwye optrede versoek om kerntoetse te beëindig en totale kernontwapening te versnel. Naanda het tydens 'n hoëvlak-vergadering van die VN se algemene vergadering in New York gewaarsku dat toenemende geopolitieke spanning en die modernisering van kernwapens wêreldwye…
‘n Appel ‘n dag sê hulle! In die geval, bring hy dalk die nodige dokter nader. Die bekende Kankerappel-projek van Bank Windhoek, ter ondersteuning van die Namibiese Kankervereniging, het ‘n rekord 4 miljoen Namibiese dollar vanjaar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se hoof, Rolf Hansen gesels.
Die Stad Windhoek-brandweer het bevestig dat 'n vuur wat tans in Baboon City, die informele nedersetting teenoor die Westelike Verbypad tussen Pionierspark en Unam brand, nie 'n veldbrand is nie. Die departement sê dit brand by 'n stortingsterrein in die gebied. Senior brandveiligheidsbeampte Fillipus Sikongo het met Kosmos 94.1 Nuus…
Woordvoerder van die ||Khomanin tradisionele gemeenskap, Shaun Gariseb, het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, daarvan beskuldig dat hy nie formele griewe rakende leierskapsgeskille en finansiële bestuur in hul tradisionele owerheid hersien het nie. Na 'n optog by die ministerie se hoofkwartier in Windhoek, het Gariseb gesê…
Boere word aangespoor om vroeg voor te berei vir 'n moontlike droë komende seisoen. Dit volg op waarskuwings van hoër temperature en droogte wat verband hou met El Niño-toestande. Die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, dr. Theo de Jager, sê boere moet hul aanplantings, begrotings en waterverbruik noukeurig beplan…
Die MK-party se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, sê president Cyril Ramaphosa kan nie verontskuldig word voor hy verduidelik wat geword het van die miljoene Suid-Afrikaanse rand wat op sy plaas, Phala Phala, gesteel is nie. Mpofu het die Wes-Kaapse Hooggeregshof toegespreek, waar Ramaphosa die bevindings van die Artikel 89-onafhanklike paneel betwis…
Visseryeminister Inge Zaamwani doen 'n beroep op dringende wetenskaplik-gebaseerde pogings om Namibië se visbevolkings te beskerm. Sy het by die opening van die driedaagse Nasionale Visserye Indaba in Walvisbaai gepraat. Die geleentheid is daarop gemik om verder as praatjies te beweeg en uitvoerbare en transformerende uitkomste te lewer oor kwessies…
Sowat 200 flessies slangteengif sal na verwagting volgende week in die land aankom, na maande se waarskuwings van kundiges oor kritieke lae voorrade. Kenners het die afgelope ses maande dringende optrede versoek, maar is gefrustreerd dat beide regeringsinstellings en die privaatsektor blykbaar eers reageer wanneer voorrade byna uitgeput is, of…
Die Europese Unie verskerp die afdwinging van sanksies teen Rusland en oorweeg groter steun aan Oekraïne. Die EU het sedert 2022 reeds 21 stelle sankies teen Moskou ingestel, gemik op die finansiële, energie- en die handelsektore. Die visepresident van die Europese Kommissie, Kaja Kallas, sê die EU-ministers van Buitelandse Sake…
Amerikaanse visepresident JD Vance het sy stem bygevoeg tot die Republikeine se veldtog vir die komende November verkiesings. Hy sê die keuse lê tussen mal mense en mense met gesonde verstand.
Die Activists and Citizens Forum doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om meer fondse beskikbaar te stel en die werksaamhede van die Madlanga-kommissie te verleng. Van die 147-miljoen Suid-Afrikaanse rand waarvoor aanvanklik begroot is, is 123-miljoen-rand reeds bestee, terwyl bykomende befondsing gesoek word. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem,…
Meatco se Okapuka-leerlooiery het sy jongste omgewings-, sosiale en bestuursoudit deur die Sustainable Leather Foundation geslaag, wat sy status as 'n leier in verantwoordelike leerproduksie versterk. Die fasiliteit transformeer plaaslik verkrygde beesvelle in naspeurbare, hoëgehalte ‘wet blue’-leer, wat internasionale motor-, meubel- en kledingmarkte in Europa en Afrika bedien. Meatco-woordvoerder Undamuje…
Die hoofafrigter van die Brave Warriors, Collin Benjamin, het sy voorlopige groep vir Namibië se openingswedstryde vir die Afcon-kwalifikasie teen Kongo-Brazzaville en die Comore aangewys en sy keuses verdedig om "honger, fiks en opkomende spelers" te prioritiseer. Benjamin voeg by dat spelers wat uitgelaat is, soos Ryan Nyambe, steeds kan…
Die land se logistieke- en vervoer-sektor is nou onder verdere druk na die jongste brandstofprysverhogings die week ingeskop het – met vervoer, vrag en verbruikerspryse wat ook die hoogte sal inskiet. Met Namibië se beperkte spoorwegnetwerk maak logistieke hewig staat op vragmotors om goedere te vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die landbou-organisasie TLU SA doen 'n beroep op die regering om beslis op te tree om die verspreiding van vuurwapens in staatsbewaring na misdadigers se hande aan te spreek. Die organisasie het die onlangse voorval van 'n gewese polisiebeampte, Christiaan Prinsloo, beklemtoon wat tussen 2007 en 2015 sowat twee-duisend vuurwapens…
Amerika se adjunkpresident, JD Vance, sê hulle gaan nie ʼn tydlyn stel vir die einde van die oorlog teen Iran nie. Hy sê dit hang van Teheran af wanneer die konflik, wat ses maande gelede begin het, gaan eindig. Die twee lande is weer besig met aanvalle op mekaar terwyl…
Die vakverbond Cosatu is bekommerd oor die krisis met die inenting van kinders. Die Departement van Gesondheid het dit 'n openbare-gesondheidsnoodtoestand verklaar. Volgens die departement het die gedeelte van kinders jonger as een jaar oud wat nie inentings ontvang het nie van 12,1-persent in 2017 tussen Januarie en April vanjaar…
NamPol oorweeg wetswysigings om 'n nul-persent alkohol limiet vir bestuurders in te stel na 'n skerp toename in dronkbestuurgevalle en noodlottige padongelukke. Die hoof van verkeer, adjunkkommissaris Rozario Coetzee, sê dat 'n groeiende aantal motoriste bestuur nadat hulle alkohol ingeneem het, wat owerhede aanspoor om huidige wetlike drempels te heroorweeg…
4 Sep 4AM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.