Die regering gaan voort met sy landwye pogings om besighede te betrek om Namibië voor te berei vir deelname aan die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied. Die 11de ministeriële sakebetrokkenheidsessie vind plaas in die Omusati-streek, gelei deur die ministeries van handel en industrialisasie. Hoofhandelsbeampte Linnox Mwiya doen 'n beroep op plaaslike entrepreneurs om…
Die algemene werkersvakbond Giwusa het die voortslepende volksmoord en slagting deur die Rapid Support Forces paramilitêre mag teen die mense van Soedan veroordeel. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die oorname van die stad El-Fasher het 'n nuwe vlaag van gruweldade ontketen, insluitend teregstellings, arbitrêre arrestasies en etnies gemotiveerde…
Cosatu het die regering geloof vir die herlewing in die plaaslike treinvervaardigingsbedryf nadat die 300ste passasierstrein die week in Nigel voltooi is. Dis deel van die regering se groter poging om die passasierspoorbedryf te herbou tot ʼn betroubare, doeltreffende en inklusiewe manier van vervoer. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê…
Die Britse handelsminister Chris Bryant sê premier Keir Starmer se regering ondersteun die stappe deur koning Charles om sy broer Andrew van sy koninklike titels te ontneem. Dit kom na druk op Andrew geneem het veral met die publikasie van sy bekendste vermeende slagoffer Virginia Giuffre se memoire, Nobody’s Girl…
Sonop Farming slaak ‘n sug van verligting. Met ingang van vandag word plaaslike tamatieprodusente weer toegelaat om hul produkte na Suid-Afrika uit te voer. Die uitvoerverbod, wat sedert Augustus van krag was weens nie-nakoming van fitosanitêre vereistes wat deur Suid-Afrika se Nasionale Plantbeskermingsorganisasie geïdentifiseer is, is nou opgehef. Die drie…
Namibië neem stappe om die Skedelkus se seldsame ligeenvelde te beskerm. Die velde word gesien as 'n lewende laag wat woestyn-ekosisteme onderhou. Met die ondersteuning van die Wêreldnatuurfonds het die omgewingsministerie 'n restourasieprojek van stapel gestuur om versperrings te herbou en bewustheid onder besoekers te verhoog. Voormalige parkwagter John Paterson…
Pogings om 'n verordening in te stel wat taxi-operateurs in die Oshana-streek sal dwing om hul voertuie te merk, staar verskeie uitdagings in die gesig. Streekspolisiebevelvoerder kommissaris Naftal Sakaria het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die stap is die sleutel om misdade wat deur vals taxibestuurders gepleeg word te bekamp,…
Action Society sê die krisis by die polisie se ballistiese afdeling bevestig die dringende behoefte dat Suid-Afrika se forensiese dienste gedesentraliseer word. Daar is hierdie week by die Madlanga-kommissie onthul dat meer as 41 000 misdaadsake by die afdeling agterstallig is weens personeeltekorte en vertragings. Action Society-woordvoerder Juanita du Preez…
Terwyl Andrew alle aantygings oor sy verhouding met Jeffrey Epstein ontken, het sy broer koning Charles begin om sy koninklike titels te ontneem en hom uit die koninklike landgoed in Windsor te sit. Virginia Giuffre wat jare lank sê Andrew het haar seksueel misbruik, se familie het in reaksie hierop…
Na jare se klagtes het werk aan Walvisbaai se verslete paaie in 2024 begin, deur direkte verkryging. Volgens die burgemeester, Trevino Forbes, was daar spekulasie dat daar korrupsie in die proses was. Forbes het onlangs in 'n potgooi van die IPC die kwessie aangespreek.
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die houerterminaal in Kaapstad is 'n noodsaaklike komponent in die uitvoer van produkte na wêreldmarkte. Creecy het tydens 'n toesigbesoek om Transnet se gereedheid vir die sagtevrugte-uitvoerseisoen te beoordeel, beklemtoon dat die hawe 'n sleutelspilpunt vir die Wes-Kaap is wat noodsaaklike ekonomiese groei…
Die ANC sê die uitspraak van die hof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, wat bevestig Hoofman Albert Luthuli is deur die apartheidspolisie vermoor, herstel waarheid, waardigheid en geregtigheid aan sy nalatenskap en Suid-Afrika se geskiedenis. Die hof het die apartheidsera-ondersoek verwerp wat valslik beweer het Luthuli is dood nadat hy in 1967…
Die Amerikaanse regering se sluiting duur voort en vandag eindig die voordele van SNAP, die voedselkoepon-program vir 42 miljoen armoedige Amerikaners. Berigte lui voedselbanke berei voor vir ‘n toestroming van mense. Intussen weier die Demokrate om toe te gee as gevolg van mediese dekking wat die Republikeine wil verwyder. Visepresident…
Die middeltermyn-begroting is bekend, en die implikasies daarvan vir Namibië se ekonomie is beduidend. Van fiskale ontwikkelings tot opkomende ekonomiese tendense, dit was nog nooit belangriker om die impak te verstaan nie. FirstRand Namibia het hulle Jaarlikse Ekonomiese Begrotingsoorsig aangebied, wat uiteensit wat hierdie begrotingsjaar vir besighede, huishoudings en die…
Die Verenigde Nasies sê die oorlog in Soedan kom neer op versuim om internasionale reg te beskerm. Soedannese rebelle het regeringsmagte uit El Fasher verdryf wat die laaste vesting van die land se regime in die westelike Darfoer-streek was. Na raming is meer as 150 000 mense weens die konflik…
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die bemagtiging van kleinskaalse en voorheen benadeelde boere is die sleutel tot die transformasie van die landbousektor. Mashatile het in antwoord op vrae in die Nasionale Vergadering gesê die regering se voortgesette grondhervorming en die vrystelling van staatsgrond toon sy verbintenis om opkomende swart boere te…
Daar is bronne in die Amerikaanse weermag wat aan internasionale nuusagentskappe gesê het dat die aanvalle op verskeie bote in die Stille Oseaan, sowel as die opbou van Amerikaanse magte in Puerto Rico en die vragskip Gerald Ford wat ook op pad is, handel oor Nicolas Maduro se regering in…
Die reënseisoen blyk om in volle swang te wees met storms wat aangemeld word en naby Abenab het boere tot 100mm in een bui ontvang terwyl storms verwoesting gesaai het op Aranos. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Elias Aiyambo, die hoof-weerkundige by die Namibië metereologiese diens, wat die reënvoorspelling…
Daar is groot kommer in die buurland oor studente wat die fondse wat hulle van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente kry, misbruik om aanlyn te dobbel. Wisselvallige betalings van die hulpskema word gedeeltelik hiervoor blameer. Plaaslik sê Unam hulle het nog geen verslae ontvang dat dit hier gebeur nie…
31 Oct 12AM
1 min
1200 – 1220
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.