Die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, sê korrupsie is diepgewortel in instellings en politieke strukture in die land en is 'n ernstige bedreiging vir nasionale veiligheid. Suid-Afrika is in die onderste 90 van die 180 lande wat vroeër vanjaar deur Transparency International se indeks volgens vlakke van openbare sektor korrupsie gerangskik…
Gefrustreerde inwoners van Katutura het vanoggend riool voor die Stad Windhoek se kliëntedienssentrum in Katutura gestort. Die groep, gelei deur gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb, het gesê die munisipaliteit het hul pleidooie vir rioolverwydering in hul gebiede geïgnoreer. Gariseb het gesê sanitasieprobleme word 'n bron van kommer in informele nedersettings as gevolg…
Israel se premier Benjamin Netanyahu het in die Knesset Amerikaanse president Donald Trump as Israel se grootste vriend beskryf. Hy het Trump herhaaldelik bedank te midde van applous en lede van die Knesset wat Trump staande toegejuig het.
Die United Democratic Movement sê hy is diep ontsteld oor die toenemende vlaag ontvoerings in die land. Van Januarie tot Maart vanjaar is 4 571 voorvalle van ontvoering aangemeld wat 6,8-persent meer is as dieselfde tydperk in 2024. Die UDM se sekretaris-generaal, Zandile Phiri, sê die regering moet die teenontvoering-…
Al die lewende gyselaars is deur Hamas vrygelaat en daar heers groot vreugde in Israel en baie hoop in Gaza soos duisende gevangenes vandag huis toe sal gaan. Maar, die voormalige Britse nasionale veiligheidsadviseur Lord Peter Ricketts sê hoewel dit 'n dag is om die vrylatings te vier, is daar…
'n Gevallestudie met die titel “Olie in Namibië: Ekonomiese geleentheid of oorskatte potensiaal?” is onlangs vrygestel deur Climate Strategies en Salzburg Global, saam met die Instituut vir Openbare Beloeidsnavorsing, IPPR. Volgens die verslag loop die land se strewe om 'n beduidende olieprodusent te word, die risiko om sy vordering na…
Meatco se Windhoek-abattoir het 'n A-plus-gradering behaal in 'n oudit wat deur die British Retail Consortium Global Standard uitgevoer is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Meatco se interim-uitvoerende hoof, Albertus Aochamub, gesê die gradering is 'n bevestiging dat hul fasiliteite van wêreldgehalte is en aan die vereiste…
Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat minstens vier Gazelle-helikopters van die Lanseria-lughawe aan boord van 'n vliegtuig van die Russiese lugredery Abakan Air na die omstrede krygsheer Khalifa Haftar se rebellegebied in Benghazi gesmokkel. Vlugplanne het Jordanië valslik as die bestemming aangedui. Die uitvoere oortree VN-sanksies teen die…
Die president van die Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê hy is bemoedig deur die druk wat president Donald Trump op die partye in die Midde Ooste geplaas het om vrede te bewerkstellig, al is dit nog vroeg in die wedstryd. Hy het met Fox News gepraat en sê daar is ook…
Die GOOD-party sê indien AfriForum inligting het oor terreurdade wat in die apartheidsera onder die ANC of enige iemand anders se naam gepleeg is, moet dit aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig word. AfriForum het die Khampepe-kommissie versoek om vas te stel waarom ANC-leiers nie vir terreurdade vervolg is nie. GOOD…
Boere by die Hardapskema is tans besig om hulle koring af te rond en benut ruim waterbronne. Die dam se vlakke is tans op 62.7 persent. Die weeklikse dambulletin word vandag verwag en alle tekens is dat invloei by Naute en moontlik Neckartal kon voorgekom het maar nie by Hardap…
Die DA in Gauteng sê ten spyte van swak reaksietye vir noodambulanse, beweer die Departement van Gesondheid dit het geen negatiewe uitwerking nie. Jack Bloom van die DA sê reaksietye van minder as 15 minute vir Prioriteit 1-oproepe in stedelike gebiede is vroeër aangeteken, maar hierdie standaard is nou laat…
Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda is tans in Johannesburg waar hy onlangs 'n operasie naby sy nier ondergaan het. Amupanda sê hy is daar omdat die mediese tegnologie en tegnieke wat benodig was nog nie in Namibië beskikbaar is nie, 'n probleem wat hy sê hy beplan…
AfriForum het 'n formele voorlegging by die Khampepe-kommissie van ondersoek ingedien vir 'n ondersoek na politieke inmenging wat verhoed het dat ANC-leiers vervolg word vir terreuraanvalle tydens apartheid. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die Khampepe-kommissie is gestig na druk deur veral die families van die Cradock-4 om antwoorde…
President Donald Trump van Amerika en sy Egiptiese ampsgenoot, Abdel Fattah al-Sisi, bied vanmiddag in Sharm el-Sheikh ʼn beraad vir meer as 20 wêreldleiers aan. Die beraad wil die oorlog in die Gaza-strook beëindig, pogings verskerp om vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste te bewerkstellig, en ʼn nuwe era van…
Die Duitser, Alex Cejka, het een onder baansyfer 71 aangeteken om die PGA-toerkampioenskap se SAS-kampioenskap in Noord-Carolina met drie houe te wen. Dis die 54-jarige speler se eerste titel sedert die 2023 Senior Ope Kampioenskap. Die Suid-Afrikaner, Ernie Els, is tweede op vier onder 68, wat vanjaar sy 12de posisie…
Die regering het met diepe kommer kennis geneem van die onlangse politieke verwikkelinge in Madagaskar. Die woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê die regering betreur die tragiese lewensverlies en die vernietiging van eiendom. Hy sê Suid-Afrika vra alle rolspelers om kalm te bly en…
McDermott, 'n Amerikaanse verskaffer van ingenieurs- en konstruksie-oplossings vir die energiebedryf, en Petrofund het 'n ooreenkoms onderteken om saam te werk aan akademiese en industriële opleidingsinisiatiewe in Namibië se stroomop olie- en gassektor. Dit het in Augustus in werking getree en sal vir die volgende vyf jaar geld. Die opgradering…
13 Oct 1AM
1 min
1700 – 1720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.