Namibië en Botswana het 'n reeks ooreenkomste onderteken om bilaterale samewerking te verdiep, na afloop van die tweede sitting van die Bilaterale-kommissie. Die nuwe akkoorde dek 'n wye verskeidenheid sektore, waaronder energiebronne, sowel as verskeie memorandums van verstandhouding, soos oor samewerking in wetenskap, tegnologie en innovasie. Bykomende ooreenkomste is ook…
Minstens 18 mense word vermis en is vermoedelik dood nadat 'n ontploffing Vrydag by 'n ammunisiefabriek in die landelike gebiede van Tennessee die gebou vernietig het. Die ontploffing by Accurate Energetic Systems, sowat 100 kilometer wes van Nashville, is kilometers ver gevoel. Dit het tot verskeie sterftes gelei, maar teen…
Die Copps 94.1-span was besig in Windhoek Vrydagaand, met 'n selfmoordpoging en twee dronkbestuur-voorvalle te midde van ander insidente. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was saam met die Namibiese polisie aan diens en doen verslag:
Tydens die bilaterale vergadering tussen Namibië en Botswana het president Duma Boko die belangrikheid van die samewerking tussen die twee lande beklemtoon. Hy en president Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag die staatshoof beraad van die Namibië-Botswana Bilaterale-kommissie gehou.
Sokker: Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê Wêreldbeker-kwalifisering is steeds in hulle hande in vanaand se deurslaggewende Groep C-kragmeting met Zimbabwe in Durban. Suid-Afrika was boaan die punteleer met 17 punte, maar het drie punte verbeur vir die gebruik van 'n ontoelaatbare speler teen Lesotho in Maart. Die span…
Terwyl die wêreld vandag Wêreldgeestesgesondheidsdag herdenk, is daar 'n hernude oproep om die sosiale stigma rondom geestesongesteldheid aan te spreek. Kliniese sielkundige, Shaun Whittaker, beklemtoon dat dit veral vir Namibiese mans belangrik is om na hul geestesgesondheid om te sien. Volgens hom speel alkohol- en dwelmmisbruik ’n groot rol in…
Die vyfde en voorlaaste nasionale tydren kampioenskappe vind die naweek in Gobabis plaas. Daar is 16 spanne in die Shell V-Power M+Z tydren ingeskryf wat mekaar die stryd in beide die S- en CR-klasse sal aansê. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
Die Stampriet Akwifer Uraanmynbouvereniging, Sauma, gaan voort om sy standpunt te verdedig teen die voorgestelde in-situ-mynbou vir die Stampriet-kom. Tanja Dahl, 'n lid van die bestuurskomitee van Sauma, het tydens die jaarlikse kongres van die Namibiese Landbou-unie bewerings verwerp dat die water in die gebied reeds besoedel is, maar gewaarsku…
Die Namibiese Akkerbouraad het 'n verbod op tamatie-invoere uit Suid-Afrika ingestel. Hierdie stap is bedoel om die plaaslike landbousektor te ondersteun, omdat boere geraak word deur Suid-Afrika se opskorting van Namibiese produkuitvoere sedert Augustus. Die uitvoerverbod is afgedwing nadat Suid-Afrika invoerpermitte vir Namibiese produkte herroep het, met verwysing na sanitêre…
Botswana het Namibië gedurende die 2023/2024-boekjaar met meer as 3,8 miljoen dosisse entstowwe voorsien om teen bek-en-klouseer in te ent. Dit is vanoggend deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangekondig tydens die openingsessie van die tweede Namibië-Botswana Bilaterale-kommissie in Windhoek. Nandi-Ndaitwah sê die twee lande het verlede jaar 'n driejaarooreenkoms onderteken vir…
Die Amerikaanse Departement van Justisie het New York se prokureur-generaal, Letitia James, van bedrog aangekla. Die aanklag van vyf bladsye beskuldig haar dat sy in leningsdokumente beweer het sy gaan 'n huis wat sy in Norfolk, Virginia, gekoop het as tweede woonhuis gebruik, maar het dit eerder as belegging vir…
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê inflasie vir September staan op 3,5 persent. FNB meen daar is hoop vir huishoudings in die toekoms met goeie reën wat verwag word wat beteken kosinflasie mag daal. Helena Mboti, ‘n ekonoom van FNB gee 'n voorspelling.
Country-sangeres Dolly Parton het aanhangers gerus gestel oor haar gesondheid nadat kommentaar deur haar suster kommer gewek het dat die Grammy-wenner baie siek was. Dolly het onlangs aangekondig dat sy 'n reeks vertonings wat vir Las Vegas beplan is, uitstel om 'n paar ongespesifiseerde gesondheidsprobleme te hanteer. Hierdie week het…
Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, advokaat Andy Mothibi, sê hulle beplan om sowat 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand te verhaal van die sindikaat wat betrokke was by die verduistering van miljarde uit die Tembisa-hospitaal deur middel van bedrieglike verkrygingskemas. Luukse motors was onder die items wat gister tydens 'n klopjag…
Volgens die minister van inligting, Emma Theofelus het sy die ondersteuning van die Internasionale Telekommunikasie Unie gevra om Namibiërs toe te laat om betaling te kry van sosiale media platforms. Blykbaar het die ministerie met verskeie diensverskaffers gepraat om Namibiese sosiale media betalings moontlik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het…
Boere verdien miljoene in Suid-Afrika deur klimaatsvriendelike praktyke en deur handel in koolstofkrediete. 'n Program wat volhoubare boerdery beloon, AgriCarbon, het in die eerste ronde bykans 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief help boere om klimaatsverandering te pak…
Reaksie word steeds ontvang oor die Europese Unie wat Namibië se voorstel om die handel in renosterhoring te reguleer, teenstaan. Die EU het lidlande gevra om teen die voorstel te stem by die komende CITES vergadering. Alex Oelofse, die eienaar van Mount Etjo, verduidelik die stem-strukture van CITES, wat die…
10 Oct 6AM
1 min
1740 – 1760
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.