Die Amerikaanse gholfspeler, Collin Morikawa, ontken dat sy opmerkings voor verlede maand se Ryderbeker-toernooi die toeskouers se opruiende gedrag by Bethpage in New York veroorsaak het. Hy het die tuisskare aangemoedig om harder te kere te gaan. Europese spelers is meedoënloos uitgejou terwyl selfs bier na Rory McIlroy se vrou,…
Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het die swak behandeling deur Israelse soldate beskryf nadat die Israelse Vloot hulle bote onderskep het. Hy sê hulle is kos geweier, geboei, geparadeer en hardhandig hanteer toe hulle in Asjdod aangekom het. Mandela sê Israelse owerhede het ook die 22-jarige Sweedse aktivis Greta…
Amerikaanse president Donald Trump het gevra dat top Illinois-amptenare tronk toe gestuur word omdat hulle volgens hom nie genoeg doen om die veiligheid van federale immigrasiebeamptes wat klopjagte in Chicago uitvoer, te verseker nie. Hy het in 'n sosiale media-plasing gesê dat Chicago-burgemeester Brandon Johnson en Illinois-goewerneur JB Pritzker, albei…
Swapo-parlementslid Salomon April het in die parlement kommer uitgespreek oor die groot aantal vrae wat elke week in die Nasionale Vergadering geopper word. Hy het aangevoer dat die kernverantwoordelikheid om wetgewing te debatteer en aan te neem, opsy gesit word, aangesien parlementêre sittings toenemend oorheers word deur vrae van opposisielede…
Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra, het reeds in 'n verslag oor die Grond-wetsontwerp gemaan dat 'n verbod op buitelandse eienaarskap van kommersiële landbougrond onder meer beleggers kan afskrik. Die vereniging is ook van die mening dat die owerhede op werkloosheid moet fokus en nie grond-eienaarskap nie. Kosmos 94.1 Nuus…
Privaat gesondheidsorgverskaffers in Namibië verwerp bewerings dat hulle agter stygende mediese koste is en wys eerder op die meer as 1 miljard Namibiese dollar in surplusse wat deur mediese hulpfondse tussen 2024 en 2025 aangeteken is. Die uitvoerende hoof van die Namibië Privaat Praktisynsforum, dr. Jürgen Hoffmann, sê slegs 5,1…
Die polisie- en gevangenisvakbond, Popcru versoek 'n nasionale spitsberaad om aandag te gee aan die groeiende aantal polisiemoorde. President Thulani Ngwenya het tydens Popcru se Sentrale Uitvoerende Komitee-vergadering in Johannesburg, kommer uitgespreek oor voortdurende uitdagings in die strafregstelsel te midde van die Madlanga-kommissie van ondersoek. Hy sê nuwe strategieë word…
President Donald Trump sê Israel en Hamas het ooreengekom oor die eerste fase van die 20-punt-vredesplan vir Gaza wat die spoedige vrylating van alle gyselaars moontlik maak. Die aankondiging volg op dae van onderhandelinge tussen Israel en Hamas in Egipte. Trump sê Israel sal sy weermag uit die Gazastrook na…
Hierdie week is die Namibiese Landbou Unie saam met die Lewendehawe Produsente Organisasie besig met hulle jaarvergaderings. Baie kwessies word bespreek en die EU se ontbossing-regulasie wat op 1 Januarie in werking moes tree maar is uitgestel tot 2026, het ook onder die loep gekom. Namibië se beesvleiswaardeketting werk daaraan…
Krieket: Engeland het sy tweede oorwinning van die Wêreldbekertoernooi vir vroue behaal deur Bangladesh in 'n taai stryd in Guwahati met vier paaltjies te klop. Engeland is nou bo-aan die punteleer. Sophia Ecclestone het drie paaltjies platgetrek en Bangladesh is vir 178 uitgeboul. Heather Knight het daarna 'n onoorwonne 79…
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso gaan 'n onafhanklike ondersoek instel na 'n voorval in die Kavango Wes-streek. Tydens die insident het 'n onderwyser blykbaar leerlinge vir 30-minute op hul knieë laat loop. Die voorval was vasgevang op video en het wyd op sosiale media sirkuleer. Beeldmateriaal wys hoe leerlinge beserings…
Die omgewingministerie het bevestig dat 25 diere, insluitend 12 olifante en 'n renosterkalfie, dood is in die massiewe brand wat deur die Etosha Nasionale Park gevee het. Die direkteur van parke en wildlewe in die ministerie, Bennett Kahuure, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die meeste watergate nou nagegaan…
Terwyl die parlement die wetsontwerp rakende grond debatteer, word aanbevelings gemaak oor hoe dit verbeter kan word. Die wet sal die 1995 Landbou-kommersiële Grondhervormingswet en die 2002 Kommunale Grondhervormingswet vervang. Regskonsultant Dianne Hubbard sê die wet benadeel vroue, veral weduwees, wanneer dit by grondeienaarskap kom. Hubbard het met Kosmos 94.1…
Vanjaar se Nobelprys vir Fisika is toegeken aan die Amerikaners John Clarke, Michel Devoret en John Martinis vir hulle grondverskuiwende proefnemings wat die kwantummeganiese effekte in 'n handgrootte elektriese stroombaan demonstreer. Die bekroondes sal 18-miljoen Namibiese dollar deel. Olle Eriksson van die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskap sê die drietal…
Rugby: Die Haaie se senter Lukhanyo Am, sê hy is vasberade om weer sy plek in die Springbok-groep terug te kry. Die 2019-Wêreldbekerwenner het, as gevolg van beserings, verlede November laas vir die Bokke teen Engeland gespeel. Die Haaie berei voor om in die derde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap,…
Die Namibiese Mededingingskommissie het sy mandaat as 'n nie-kommersiële openbare onderneming wat nie vir wins bedryf word nie, verduidelik. Dit kom na mediaberigte dat die kommissie finansiële verliese van 65 miljoen Namibiese dollar in drie jaar gely het. Woordvoerder Dina //Gowases sê die boetes wat deur die kommissie ingevorder word,…
President Cyril Ramaphosa het 'n paneel saamgestel wat 'n opvolger vir die Direkteur van Openbare Vervolging moet kies. Die paneel, onder voorsitterskap van die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, bestaan uit leiers van die regsgemeenskap en Hoofstuk Nege-instellings. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die huidige direkteur,…
Die adjunkpresident, Paul Mashatile sê die versterking van die waardekettings op die Afrika-vasteland is noodsaaklik om waardetoevoeging te bevorder en mededingendheid te bereik. Hy het Dinsdag die tweede byeenkoms van die Invest in Senegal-forum toegespreek. Die forum lê hom toe op die bevordering van handel en beleggings deur die sakegemeenskappe…
Arbeidsdeskundige en langdurige voorstander van 'n universele basiese inkomstetoelaag, Herbert Jauch, sê die regering se bekendstelling van die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag sit die pot mis, beide maatskaplik en ekonomies. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Jauch gesê die huidige model sluit baie kwesbare huishoudings uit en penaliseer diegene…
8 Oct 6AM
1 min
1800 – 1820
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.