Die Tsumeb-munisipaliteit het 'n algemene salarisverhoging van 4 persent aangebied, nadat die Namibia Local Authorities-vakbond aanvanklik 'n verhoging van 10 persent en later een van 7,5 persent geëis het. Die munisipaliteit se woordvoerder, Stella Imalwa, sê dat die aanbod gegrond is op die kernverantwoordelikheid om te verseker daar is fondse…
Terwyl dit vandag koud in die binneland was, kan Namibiërs verwag dat dit van môreoggend af effens sal opwarm. Meteoroloog Albertina Anderson van die Weerdiens waarsku teen die gevaar van veldbrande en sê dit is nog nie tyd om die truie en baadjies te diep weg te pak nie. Sy…
Reaksie word ontvang oor die wanbestuur van regeringswoonstelle, met balkonne wat na bewering in hutte omskep is en sommige eenhede wat vir privaat besighede gebruik of verhuur word. Werkeminister Veikko Nekundi vra vir strenger toesig, terwyl die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah aan Kosmos 94.1 Nuus sê dat korrupsieklagte gelê…
Die minimumloon en arbeidskwessies is terug in die nuus, terwyl die parlementêre komitee oor arbeidsake die werksomstandighede in die groothandel- en kleinhandelsektor in die Zambezi-streek beoordeel. Die komitee het kommer uitgespreek oor die swak nakoming van arbeidswette. Die streek se enigste arbeidsinspekteur, Richard Mushaukwa, sê sowat 80 persent van werkgewers,…
Krieket: Die snelbouler Scott Boland en die paaltjiewagter Josh Inglis is uit Australië se groep gelaat vir die reeks van twee toetse teen Bangladesj, wat môre in Darwin begin. Die veteraan-draaibouler Nathan Lyon is terug na 'n langtermynbesering en die ervare Mitchell Starc en Josh Hazlewood is ook ingesluit vir…
Die landbou-organisasie TLU SA het 'n nasionale veldtog geloods teen voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer. Woordvoerder Caria van der Merwe sê die veranderings kan verreikende gevolge hê vir boere, landelike gemeenskappe en wettige vuurwapeneienaars. Die veldtog het ten doel om te verseker die landbougemeenskap se bekommernisse word gehoor…
Die ANC-ringkop en voormalige minister Naledi Pandor is bekommerd oor die nuwe private, eksklusiewe Afrikaanse Akademia-universiteit wat in Pretoria gebou word. Die nuwe kampus word ontwikkel deur 'n vennootskap tussen Solidariteit en Kanton, teen 'n verwagte koste van meer as drie-miljard Suid-Afrikaanse rand. Die universiteit sal voorsiening maak vir 5…
Die Stad Windhoek het groot beleggings in infrastruktuur en dienslewering vir die John Pandeni-kiesafdeling in Katutura uiteengesit, insluitend meer as 1,9 miljard Namibiese dollar vir beplande opgraderings aan waterherwinningsfasiliteite. Die stad se woordvoerder, Lydia Amutenya, beklemtoon dat die opgradering plaasvind terwyl die Stad besig is met openbare konsultasies en samesprekings…
Die Suid-Afrikaanse regering eis vergoeding van die regerings van Malawi, Nigerië en Ethiopië vir die koste om hul landsburgers te repatrieer. Die Grensbestuursowerheid het bekendgemaak net minder as 90 000 mense teen 7 Augustus deur Suid-Afrikaanse grensposte gerepatrieer is. Die Departement van Binnelandse Sake se direkteur-generaal, Tommy Makhode, sê die…
President Donald Trump sê hy vertrou Iran nie en Amerika het algehele beheer oor die Seestraat van Hormuz. Teheran het verklaar hy sal nie die strategiese waterweg oopmaak nie, tensy Washington instem om oorlogsvergoeding te betaal en sanksies te beëindig. Sowat 'n vyfde van die wêreld se olie en vloeibare…
Die teengifkrisis in Namibië duur onverpoosd voort, ten spyte van kommer wat deur slangkundiges geopper is dat die regering dringend addisionele voorrade moet verkry om kwynende voorrade aan te vul. Slangkenner Francois Theart vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat waarskuwingstekens sedert 2016 duidelik is. Ten spyte daarvan, sê Theart dat…
Die sentrale bank het die repokoers vanoggend onveranderd op 6,75 persent gehou, nes ekonome voorspel het. Die goewerneur, Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
Namibiese skaapprodusente word genooi na vergaderings om uit te vind oor 'n voorgestelde produsente maatskappy wat daarop gemik is om skaapbemarking en kommersiële geleenthede te versterk. Die vergaderings sal môre tot 28 Augustus duur en begin in die dorpe Blumfelde, Uhlenhorst, Keetmanshoop, Helmeringhausen, Karasburg, Karasberge, Koës, Maltahöhe, Aranos, Gochas en…
Reaksie word ontvang op die Bank van Namibië se besluit om die repokoers vanoggend onveranderd te hou op 6,75 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Kara van den Heever, 'n beleggingsontleder by Momentum, gepraat wat sê die besluit kom terwyl binnelandse ekonomiese aktiwiteit swak gebly het gedurende die eerste helfte…
Dag sal kortliks in nag verander oor dele van Europa en die Noord-Atlantiese Oseaan vandag met miljoene wat bymekaar sal kom om 'n geskiedkundige sonsverduistering te aanskou. Die maan blokkeer die son vanaf Groenland en Ysland reguit deur Noord-Spanje. Die belangrikste kykplek, Reykjavik, sien sy eerste totale verduistering in meer…
Die DA sê dit is duidelik dat Suid-Afrika se werkkrisis slegs vererger aangesien ekonomiese hervorming veels te stadig plaasvind om groei vinnig genoeg aan te spoor om werk te skep. Die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dat die land se amptelike werkloosheidsyfer met 0,9-persentasiepunte gestyg het, van 32,7-persent in die eerste…
Lynminister Sanet Steenkamp het haar opgewondenheid uitgespreek oor die Internasionale Jeugdag-herdenking wat vandag in Keetmanshoop plaasvind. Sy het 'n straatparade, paneelbespreking, debat en toekenningseremonie vir jongmense uitgelig wat deelgeneem het aan 'n kunsmatige intelligensie-werkswinkel en koderingskamp op die program. Die tema vir 2026 is "Verskillende Kontekste, Gemeenskaplike Aspirasies", wat beklemtoon…
Die Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het 'n wetsontwerp ingedien om die Wet op Oproerige Byeenkomste uit die apartheid-era te herroep en te vervang met nuwe wetgewing oor sameswering en aanhitsing om ernstige oortredings te pleeg. Minister Mmamoloko Kubayi het aan die media gesê die veranderinge sal die wet…
Die Swakopmund-munisipaliteit het tydelike vertragings in vullisverwyderingsdienste aangekondig weens onvoorsiene operasionele uitdagings. Woordvoerder Linda Mupupa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat tans slegs drie van sewe vullisvragmotors operasioneel is, wat geskeduleerde versamelings dwarsoor die dorp beïnvloed het. Sy het meer:
12 Aug 3AM
1 min
1860 – 1880
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.