Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1940 – 1960

Havana Fourway se verskuiwings het begin

Die Stad Windhoek het in September met 43 huishoudings en lidmate van ‘n kerk ontmoet rakende hulle verskuiwing van die hoek van die Matshitshi- en Eneas Peter Nanyemba-kruising, of Havana Fourway, na erwe in Havana-uitbreidings 8 en 11 verskuif. Die verskuiwing vind vandeesmaand plaas. Die stad se burgemeester, Ndeshihafela Larandja…
3 Oct 5AM 1 min

Kernkrag en erfenis in kabinetsbesluite

Die jongste kabinetsbesluite is bekend. Soos dit nou staan blyk dit die regering is sterk op pad om sy kernkrag planne aan die gang te kry. Verder maak Namibië reg om ons derde erfenisterrein te registreer by Unesco. Inligtingsminister Emma Theofelus het meer.
3 Oct 3AM 1 min

Alle oë is op Hamas

Die Withuis sê president Donald Trump verwag dat Hamas sy vredesvoorstel vir Gaza aanvaar. Die 20-punt vredesplan, wat Israel aanvaar het, sluit in die vrylating van alle gyselaars, die onttrekking van Israelse magte uit Palestynse gebied, en die ontwapening van Hamas. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê indien Hamas…
3 Oct 3AM 1 min

Kos om kinders by ontwikkelingsentrums te kry

Tydens 'n kabinet-inligtingsessie het genderminister Emma Kantema-Gaomas aangekondig dat die ministerie voedselskemas by vroeë kinderontwikkelingsentrums gaan aanbied. Sy sê dit is as gevolg van die lae registrasie van kinders tussen nul en twee jaar. Volgens die jongste syfers is daar landwyd 2 372 sulke sentrums. Die onderwysministerie het reeds voedselskemas…
3 Oct 3AM 1 min

MK vaar uit teen Madlanga-kommissie

Die MK-party het die Madlanga-kommissie van ondersoek gekritiseer en noem dit 'n politieke instrument wat ontwerp is om die regering teen verantwoordbaarheid te beskerm. Die party voer aan die kommissie mors belastingbetalers se geld want dit kos meer as 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand per dag sonder werklike uitkomste. Die Konstitusionele…
3 Oct 3AM 1 min

Outa hof toe oor SOE-base wat oortree

Die organisasie teen belastingmisbruik, het die hof in Pretoria genader om veranderinge aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur aan te vra. Die organisasie sê die huidige wet het toegelaat dat mislukte leiers by instellings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, aanspreeklikheid vrygespring het. Stefanie…
3 Oct 2AM 1 min

Amnestie veroordeel 'onwettige' onderskepping van flottielje

Amnestie Internasionaal sê Israel se onwettige onderskepping van die Global Sumud-flottielje toon hul vasberadenheid om doelbewus die Palestyne in Gaza uit te honger. Daar is op ten minste 39-vaartuie met humanitêre hulp beslag gelê en tientalle bemanningslede is in hegtenis geneem toe hulle Israel se blokkade probeer breek het. Shenilla…
3 Oct 2AM 1 min

Du Toit geniet sy rol in die Bokspan

Die Springbok-stut Thomas du Toit geniet sy verantwoordelikhede in die nasionale span. Die 30-jarige was in die opdrafspan in die laaste vier toetse: in Kaapstad teen Australië, in Auckland en Wellington teen Nieu-Seeland en verlede week in Durban teen Argentinië. Hy is in die tweede helfte van die laaste drie…
3 Oct 1AM 1 min

Parlement wil weet oor Nsfaf integrasie by onderwys

Die parlement soek duidelikheid oor die herintegrasie van die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds, Nsfaf, in die onderwysministerie. Dit is geskeduleer om vandeesmaand plaas te vind. Hierdie stap volg op 'n kabinetsbesluit van 2021 wat daarop gemik is om doeltreffendheid te verbeter, koste te verminder en studentebefondsing onder direkte regeringstoesig te…
3 Oct 1AM 1 min

Kanse vir La Niña, en reën, raal al hoe beter

Die kanse dat 'n La Niña-weerstelsel voor die einde van die jaar ontwikkel het skerp gestyg, wat die waarskynlikheid van 'n natter as normale somer regoor Suider-Afrika, insluitend Namibië, verhoog. Volgens die Amerikaanse Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie is daar nou 'n 71 persent-kans dat La Niña tussen Oktober en…
3 Oct 1AM 1 min

Etosha-brand: Ontleder vra aanspreeklikheid

Reaksie op die regering se trae reaksie op die verwoestende Etosha-brand word steeds ontvang. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah het die gebrek aan voorbereiding en koördinering gekritiseer en sê owerhede het eers dae nadat die brand reeds uitgebreide skade aangerig het, hulp versoek. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die…
3 Oct 12AM 1 min

Kommer oor mynwese in bewareas

Grootskaalse skietwerk by die Goatagab-myn is in die nuus. Die myn is in die Sorris Sorris bewarea naby Khorixas. Die eksplorasie word gelei deur Timoteus Mashuna, wat na bewering 50 miljoen Namibiese dollars ingepalm het as gevolg van 'n transaksie naby Uis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Don Andrews,…
3 Oct 12AM 1 min

Nsfaf die teiken van kuberkrakers, inligting gepubliseer

Die Namibiese kuberveiligheid sekuriteit reaksiespan, NAM-CIRT, het bevestig dat kuberkrakers toegang tot die Namibiese studentehulpfonds, Nsfaf, se databasis gekry het. Duisende studente se persoonlike inligting is aanlyn op die Nsfaf-webtuiste gepubliseer, maar is intussen verwyder. Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, gee meer inligting en onderstreep die noodsaaklikheid van nasionale databeskermingswette.
2 Oct 11PM 1 min

Starmer veroordeel haatmisdaad by sinagoge

Britse polisie het 'n terrorisme-insident verklaar na twee Joodse gemeenskapslede dood is in 'n motor- en mesaanval buite 'n sinagoge in Manchester. Nog vier mense is gewond en die aanvaller is deur polisiebeamptes doodgeskiet. 'n Groot aantal mense was in die Heaton Park sinagoge vir 'n diens op Yom Kippur,…
2 Oct 11PM 1 min

Volans-1X eksplorasieput lewer belowende resultate

Belowende koolwaterstowwe is in PEL85 se Volans-1X eksplorasieput in blok 2914A in die Oranje-bekken ontdek, het Namcor aangekondig. Die put het 26 meter netto loon in rykgas-kondensaathoudende reservoirs teëgekom. Verdere laboratoriumstudies sal uitgevoer word op addisionele vloeistofmonsters, sywandkerne en rotssnydings wat tydens die veldtog versamel is. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho het…
2 Oct 11AM 1 min

De Allende verwag taai stryd teen Los Pumas in Londen

Rugby: Die Springbok-senter Damian de Allende verwag ʼn taai en fisiese stryd teen Argentinië wanneer die Rugbykampioenskap Saterdag op Twickenham afgesluit word. Suid-Afrika het verlede naweek in Durban ʼn skitterende oorwinning van 67-30 oor die Pumas behaal. Die Bokke is boaan die Kampioenskaps-punteleer. Hulle het een punt meer as Nieu-Seeland…
2 Oct 11AM 1 min

Fotograaf vertel van diere na Etosha-brand

Die Etosha-ramp bly in die nuus. Terwyl die lynminister vanoggend die media toegespreek het en ‘n opdatering gegee het, is die situasie op die grond in werklikheid hartverskeurend. Kosmos 94.1 Nuus het met die fotograaf, Koos Reynecke, gepraat. Hy het die eerste foto’s in die park na die brand geneem…
2 Oct 10AM 1 min

Plaas waar Etosha-brand ontstaan het, 'het houtskool-permit'

Die kwessie van houtskoolproduksie en die Etosha-brand weier om te gaan lê. Volgens die berigte het die brand op Helaas, ‘n regeringsplaas aangrensend aan die park begin. Die omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê die plaas het ‘n permit.
2 Oct 10AM 1 min

Nama-volk soek steeds geregtigheid vir volksmoord

Vandag merk 121 jaar van die uitroeiingsbevel teen die Ovaherero deur generaal Lothar von Trotha. Hy het op 22 April 1905 dieselfde bevel teen die Nama-volk uitgereik. Daar is tans 'n veldtog aan die gang tussen die Nama en Ovaherero om die dag te herdenk sowel as om aanspreeklikheid vir…
2 Oct 10AM 1 min
1940 – 1960