Die Spaanse Ducati-renjaer Marc Márquez het sy sewende MotoGP-wêreldkampioenskap by die Japannese Grand Prix verseker, sy eerste sedert 2019. Die 32-jarige het in Motegi tweede agter sy spanmaat, Francesco Bagnaia, geëindig om die titel te beklink. Honda se Joan Mir was in die derde plek. Brad Binder van Suid-Afrika was…
Dit is vandag presies ‘n week sedert ‘n brand in die suidwestelike deel van die Etosha Nasionale Park uitgebreek en 81 000 hektaar binne 24 uur verwoes het. Dit het sedertdien oral in die Etosha versprei en bykans ‘n miljoen hektaar, meer as ‘n derde van die park, het reeds…
Cosatu het sy ernstige kommer uitgespreek oor die bewerings wat deur die Madlanga-kommissie ontbloot is oor politieke inmenging in die strafregstelsel. Die federasie doen 'n beroep op almal wat betrek word om duidelikheid te gee oor hierdie baie ernstige bewerings, veral dié wat verband hou met politieke moorde. Edwin Mkhize…
Namibië se hawe-ontwikkelings en ander belangrike infrastruktuurprojekte lok belangstelling onder Amerikaanse beleggers uit. Die uitvoerende hoof en voorsitter van die Amerikaans-gebaseerde Corporate Council on Africa, Florizelle Liser, het Vrydag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die VSA ontmoet om ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk.
Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n ontwikkelingskema vir aartappel-verbouing van stapel gestuur in ‘n poging om plaaslike produksie te bevorder en invoere te verminder. Die Akkerbouraad sal produksiekoste met 50 persent subsidieer, terwyl Agribank lenings vir die oorblywende helfte sal toestaan. Vir die volgende vyf jaar, sal 5,5 miljoen Namibiese dollar…
‘n Standbeeld van die ontslape Namibiese vryheidsvegter en een van Swapo se stigterslede, Andimba Toivo ya Toivo, is Saterdag op Robbeneiland naby Kaapstad onthul. Toivo ya Toivo was 16 jaar ‘n gevangene op Robbeneiland, onder andere saam met Nelson Mandela. ‘n Muur van herinnering met die name van 5 000…
Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, sê die land het geen voornemens om die Europese Unie of Navo-lidlande aan te val nie. Moskou sal egter beslissende stappe neem teen enige aggressie wat daarteen gemik word, het Lavrov Saterdag in ‘n toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering…
Die weermag ontplooi vandag nóg 500 soldate in die Etosha Nasionale Park om veldbrande te help bestry. Bykans 800 000 hektaar, of 34 persent van Etosha, het is reeds vernietig, het omgewingsminster Indileni Daniel Saterdag bevestig. Meer as twintig naburige boere help sedert Vrydag amptenare van die ministerie en reeds…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens ‘n hoëvlak-vergadering by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gesê atoom-energie moet vir vreedsame doeleindes aangewend word. Namibië is een van die drie grootste uraanprodusente ter wêreld en probeer lidmaatskap by die Kernverskaffersgroep te verkry.
Die president van die Europese Raad, Antonio Costa, veroordeel Russiese aggressie en waarsku dat die oortredings deur ‘n permanente lid van die VN se Veiligheidsraad plaas elke VN-lidland in gevaar. Costa het in New York by die 80ste algemende vergadering van die VN gepraat.
AfriForum het die aanval op die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria veroordeel, waar dele van twee Boere-krygerstandbeelde en die veiligheidsheining beskadig is. Die voorval volg 'n week nadat die EFF die verwydering van Afrikanermonumente in die parlement versoek het. Ernst van Zyl van AfriForum sê die organisasie sal strenger…
Die arbeidsministerie het onthul dat slegs 55 persent van werkgewers voldoen aan die nasionale minimumloon wat in Januarie vanjaar in werking getree het. Die ministerie het tot dusver vanjaar 1 377 werkplekinspeksies uitgevoer. Terwyl 1,3 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde lone vir meer as 2 100 werkers verhaal is, skiet…
Die president van die Patriotic Alliance en die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, dreig die ANC dat sy party 'n koalisie met die DA sal vorm in volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing. Dit volg na sy eis dat die adjunkpresident van die PA, Kenny Kunene teen Dinsdag…
Die Direkteur van Openbare Vervolgings in KwaZulu-Natal, Elaine Harrison, het die Madlanga-kommissie meegedeel dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die politieke moordetaakspan te ontbind, het 'n krisis veroorsaak met die ondersoeke oor politieke moorde. Harrison sê die skuif het die toegewyde aanklaers ontwrig, die vordering van…
Copps 94.1 het ‘n bedrywige aand in Walvisbaai agter die rug, met veral die hokslaan van onwettige drankverkopers wat hulle besig gehou het. Adjunkoffisier Tuyenikelao Fernando van NamPol se gemeenskapspolisiëring op die kusdorp, het meer:
In plaas daarvan om aan die Internasionale Strafhof te onttrek, moet Namibië maniere vind om die organisasie van binne af reg te stel, sê Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum. Daar is voortdurende debat in Namibië oor sy lidmaatskap van die Strafhof. Sommige kritici voer aan dat die hof bevooroordeeld…
Chaos het in die Verenigde Nasies se algemene vergadering uitgebreek tydens Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu se toespraak. Dosyne afgevaardigdes het uitgestap, te midde van luide boe's en ook toejuiging. Netanyahu het gesê sy land het die grootste deel van Hamas se "terreurmasjien verpletter" en probeer om die werk "so…
Die aktivis Michael Amushelelo het aangekondig dat hy in die komende verkiesings vir 'n setel in die Windhoek-stadsraad sal meeding. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Amushelelo kommer uitgespreek oor swak dienslewering, toenemende misdaad en wat hy die sistematiese teikenstelling van informele handelaars noem. Hy sê Windhoek het…
Landdros Linus Samunzala het in die Windhoek laerhof borgtog geweier aan ses aansoekers in die hoëprofiel-Namcor korrupsiesaak. Die beskuldigdes, insluitend voormalige Namcor-baas Immanuel Mulunga, ses ander indiwidue en vyf korporatiewe entiteite, staan tereg op aanklagte wat meer as 480 miljoen Namibiese dollar behels. Slegs een van die beskuldigdes, Lydia Elindi,…
26 Sep 10AM
1 min
2080 – 2100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.