Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2700 – 2720

Nust se kultuurfees skop af

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, in vennootskap met Coca-Cola, bied van vandag tot Vrydag sy jaarlikse Kultuurfees op sy hoofkampus in Windhoek aan. Meer as net musiek en dans, vier die geleentheid Namibië se ryk diversiteit en Nust se toewyding aan inklusiwiteit en interkulturele begrip. Nust-woordvoerder Cindy van…
3 Sep 5AM 1 min

SA se sake-onvriendelikheid moet getakel word

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die toenemende werksverliese weens maatskappye wat hul bedrywighede afskaal of die land heeltemal verlaat, is kommerwekkend. ArcellorMittal SA maak einde September toe met 3 500 werksgeleenthede wat verlore gaan. Ford Motor Company SA gaan 474 werkers by sy aanlegte in die Baai en Pretoria aflê…
3 Sep 4AM 1 min

Trump sê hy’s nie siek nie, net besig

Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy baie aktief was oor die afgelope langnaweek in die land en het bespiegeling op sosiale media oor sy gesondheid as vals nuus afgemaak. Dit was in reaksie op 'n vraag van 'n verslaggewer oor aanlyn gerugte dat hy gesterf het, ná hy vir…
3 Sep 4AM 1 min

Grootste militêre parade ooit vandag in China

Alle oë is vandag op Beijing, waar Chinese president Xi Jinping gasheer is vir die Russiese president Vladimir Putin en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un by een van die grootste militêre parades ooit. Die parade is ter viering van die 80ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog…
3 Sep 3AM 1 min

Wegholbrande in drie SA provinsies gevrees

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê uiters gevaarlike veldbrandtoestande word in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng beleef en dit sal voortduur. Volgens hierdie toestande is die brandgevaar-aanwyser bo 75. Die Tshwane-nooddienste se woordvoerder, Lindsay Mnguni, sê die warm, winderige toestande kan wegholveldbrande veroorsaak en bestaande brande in Gauteng vererger:
3 Sep 3AM 1 min

Trump-weermag val dwelmboot aan

Die Amerikaanse Weermag het ʼn dodelike aanval by die Karibiese Eilande uitgevoer op ʼn Venezolaanse boot met dwelms aan boord. Elf mense, vermoedelik lede van die Venezolaanse bende Tren de Aragua, is in die aanval dood. President Donald Trump sê die aanval is uitgevoer terwyl die terroriste onwettige dwelms in…
3 Sep 2AM 1 min

Swakopmund skerp kundigheid in toerisme op

Die land verloor miljoene Namibiese dollar aan potensiële inkomste as gevolg van sy lae mededingendheid in die globale vergaderings-, aansporings-, konferensie- en uitstallingsbedryf. Om dit aan te spreek, bied die Namibiese Toerismeraad tans opleiding in Swakopmund aan om plaaslike geleentheidsorganiseerders te help om aan internasionale standaarde te voldoen. Esther Ndilula,…
3 Sep 2AM 1 min

Ontbind staatsagentskap wat met pensioen werk, vra DA

Die DA vra vir die ontbinding van die regering se pensioenadministrasie-agentskap en dat die Regeringswerknemers-pensioenfonds sy werk oorneem ter wille van die beskerming van pensioentrekkers en belastingbetalers. Die agentskap word beskuldig van onwettige aankope en onder meer die toeken van 'n biometriese kontrak van 500 miljoen rand aan 'n maatskappy…
3 Sep 1AM 1 min

Meer as 33 000 Epstein-bladsye vrygestel

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se oorsigkomitee het meer as 33 000 bladsye van Jeffrey Epstein-verwante lêers vrygestel wat van die justisiedepartement ontvang is. Dit sluit in vlugplanne, toesigvideo’s van die tronk, hofdokumente, opnames en e-posse. Epstein, ʼn finansier en veroordeelde seksoortreder, het in 2019 selfdood gepleeg terwyl hy verhoorafwagtend…
3 Sep 1AM 1 min

Goethe-Instituut trek na nuwe perseel

Ná meer as 25 jaar in die hart van Windhoek, neem die Goethe-Instituut Namibië afskeid van sy ikoniese tuiste in Fidel Castrostraat. Die Goethe-Instituut sluit sy deure op 15 September om die oorgang na 'n nuwe tuiste te begin. Direkteur Dennis Schroeder sê die reis eindig nie, maar ontwikkel net…
3 Sep 1AM 1 min

Staat se regsgedinge ruk handuit

PDM-parlementslid Winnie Moongo het Dinsdag in die Nasionale Vergadering kapsie gemaak teen die stygende aantal regsgedinge waarmee plaaslike- en streeksrade te kampe het. Sy het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling uitgedaag oor rade se toenemende betrokkenheid in duur regstryde, van geskille oor arbeid en grond tot tenderkonflikte.
3 Sep 1AM 1 min

Kingsley Kwenani kry hoë pos by landbou

Kingsley Kwenani, wat voorheen as uitvoerende hoof van Meatco se Noordelike Kommunale Gebied-filiaal gedien het asook die vorige tussentydse uitvoerende hoof van Meatco, is met ingang 1 September as die nuwe adjunk-uitvoerende direkteur van landbou aangestel. In hierdie rol sal Kwenani Namibië se landbou-ontwikkeling ondersteun, met 'n sleutelfokus op die…
3 Sep 12AM 1 min

Landbou frons oor gronduitsprake in Zim

In Suid-Afrika sê die landbou-organisasie TLU SA president Cyril Ramaphosa se opmerkings tydens die opening van die 115de Zimbabwe Landbouskou was duidelik oor wat gedoen sal word. Ramaphosa het Zimbabwe se pogings om grondbesitpatrone wat die wit minderheid bevoordeel het om te keer, beskryf as noodsaaklik vir historiese geregtigheid, voedselsekerheid…
2 Sep 11PM 1 min

Watervoorsiening in Whk-distrik onder die loep

Khomas-goewerneur Sam Nujoma het die plase Arovley, Nauaspoort en Khanumeb in die Windhoek landelike kiesafdeling besoek as deel van sy streeksbewustheidsprogram om die uitdagings waarmee inwoners te kampe het, beter te verstaan. Een van die grootste bekommernisse was die voorsiening van waterdienste. Nujoma het 'n probleem hiermee aan die inwoners…
2 Sep 11AM 1 min

De Lille ontbind SA Toerismeraad oor onreëlmatighede

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê sy het die Suid-Afrikaanse Toerismeraad ontbind ná 'n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid oor onreëlmatige uitgawes, insluitend die mislukte Tottenham Hotspur-borgskap. De Lille het die voorsitter van die portefeuljekomitee oor Toerisme toegespreek en bewerings van politieke inmenging en korrupsie van die hand…
2 Sep 11AM 1 min

#BeFree Cares Clinic-uitreik behaal groot sukses

Byna 950 studente en gemeenskapslede het toegang tot noodsaaklike seksuele en reproduktiewe gesondheidsdienste verkry tydens die #BeFree Cares Clinic-uitreik van 18 tot 22 Augustus in die Oshana-streek. Die weeklange veldtog het vyf tersiêre instellings betrek, wat die derde streekstop in 'n groeiende nasionale poging was om die jeug met gesondheidsorg…
2 Sep 11AM 1 min

NBC senior bestuurders verdien N$750 000 bo limiet, hoor NV

Dit was vanmiddag 'n vurige begin vir die 2de Sitting van Namibië se 8ste Parlement, toe die IPC-skaduminister van inligting John-Louw Mouton ernstige kommer uitgespreek het oor die finansiële bestuur van die Namibiese Uitsaaikorporasie. Mouton het bevraagteken waarom, ten spyte van NBC se voortgesette afhanklikheid van regeringsreddingsboeie, sommige senior bestuurders…
2 Sep 10AM 1 min

Landbouministerie, Unam gaan saamwerk by groenskemas

Die ministerie van landbou het 'n komende vennootskap met die Universiteit van Namibië aangekondig wat daarop gemik is om boere-opleiding te versterk en produktiwiteit in die land se groenskemas te verhoog. Landbouminister Inge Zaamwani het aan die einde van 'n presidensiële besoek aan die groenskemas in die noordelike streke die…
2 Sep 10AM 1 min

Vere word reggeskud vir Erongo-ekspo

Opwinding bou op vir die 17de Erongo Besigheids- en Toerisme-ekspo, wat van 28 Oktober tot 1 November by die Walvisbaai-burgersentrum plaasvind. Met die tema "Drywing van Innovasie en Bevordering van Namibië se Blou Ekonomie en Werkskeppingsgrense", belowe die ekspo 'n vertoonkas van besigheid, toerisme en innovasie van regoor die land…
2 Sep 10AM 1 min
2700 – 2720