Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
2740 – 2760

Wêreld hou asem op, kommer oor hervatting van oorlog

Amerikaanse president Donald Trump wat Iranse leiers beledig en met meer aanvalle gedreig het, het wyd reaksie uitgelok. Kazem Gharibabadi, Iran se adjunkminister van buitelandse sake, het gesê Trump se opmerkings “is nie 'n teken van krag nie, maar eerder 'n erkenning van die mislukking van 'n beleid wat jare…
8 Jul 11PM 1 min

LLPB kondig nuutste vleispryse aan

Die Lewendehawe en Lewendehaweprodukteraad het hul nuutste vleispryse vir die week aangekondig. Desmond Cloete, die bemarkingbestuurder, het aan Kosmos 94.1 Nuus meer inligting oor die veilingspryse gegee.
8 Jul 11AM 1 min

Meer padveiligheidsveldtogte nodig

'n Man het Dinsdag met geringe beserings daarvan afgekom nadat sy voertuig van 'n brug op die Westelike Verbypad gery en op die pad daaronder geval het. Beeldmateriaal van die ongeluk is wyd op sosiale media gedeel. Tydens 'n vorige onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Horst Heimstadt, uitvoerende hoof…
8 Jul 11AM 1 min

Inheemse kennis se rol in bewaring in die kollig

Namibië loods môre sy publikasie "National Outlook on Indigenous and Local Knowledge of Biodiversity" om inheemse kennis formeel in nasionale bewaringsraamwerke te integreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Kombada Mhopjeni, die landprogrambeampte vir Natuurwetenskap by Unesco gepraat, wat sê die publikasie evalueer die huidige stand van inheemse kennis en beklemtoon…
8 Jul 11AM 1 min

Savanna Beef-aandeelprys styg weens goeie aanvraag

Savanna Beef-aandele verhandel stewig op die Namibiese Sekuriteitebeurs teen een Namibiese dollar en sewentien sent per aandeel, 'n styging vanaf sowat 1 dollar en 5 sent aan die begin van Junie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus se medestigter Romé Mostert gepraat, wat sê die onlangse styging, gerugsteun deur 32…
8 Jul 10AM 1 min

Staatsprokureurs spring om Job se aansoek af te weer

Die staatsprokureurs het dokumente aan alle lede van die Nasionale Vergadering vrygestel wat die president se getekende aanbevelings bevat vir die aanstelling van die voorsitter en kommissarisse van die Verkiesingskommissie. AR-leier Job Amupanda het die ontwikkeling verwelkom, maar bygevoeg dat sy regspan steeds die dokumente hersien. Dit kom na Amupanda…
8 Jul 10AM 1 min

Trump dreig Iran-aanvalle, olieprys spring 5%

Dit blyk asof die skietstilstand tussen Amerika en Iran iets van die verlede is, met Amerikaanse president Donald Trump wat by die Navo-beraad in Turkye gedreig het om Iran vanaand weer hard met lugaanvalle te slaan. Hy het ook gedreig om Khargh-eiland in te neem en die haweblokkade weer in…
8 Jul 10AM 1 min

FNB Namibia kry beste SME-bank in Namibië-toekenning

FNB Namibia is aangewys as die beste SME-bank in Namibië by die gesogte Global Banking & Finance Awards. Die bank bedien tans SME's in al 14 streke en handhaaf 'n geraamde aandeel van 35 tot 40 persent van Namibië se SME-bankmark. Nesdha de Jongh, hoof van SME-bankdienste by FNB Namibia,…
8 Jul 9AM 1 min

SA munisipaliteite moet skuldplanne maak: Tesourie

Die Nasionale Tesourie sê munisipaliteite moet eers ooreenkomste oor volhoubare betalingsplanne met hul skuldeisers bereik voordat teruggehoue fondse vrygestel word. Gister is aangekondig befondsing aan 69 munisipaliteite sal tydelik teruggehou word weens oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Ogalaletseng Gaarekwe van die Tesourie het vanoggend op 'n nuuskonferensie…
8 Jul 9AM 1 min

Baba-Bokke het nog werk voor Wêreldkampioenskap-halfeindronde

Rugby: Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, sê daar is steeds ruimte vir verbetering voor hulle Engeland Maandag pak in die halfeindronde van die Junior Wêreldkampioenskap in Georgië. Suid-Afrika was 14 punte agter, maar het ingehaal en Wallis uiteindelik 52-33 verslaan na agt drieë teenoor vyf om die voorlaaste…
8 Jul 8AM 1 min

NV nogmaals ontwrig deur uitstappe

Die parlement is weereens in prosedurele onrus gedompel nadat opposisielede uit die Nasionale Vergadering gestap het, wat die Huis sonder 'n kworum gelaat het. Die jongste dooiepunt kom net dae na 'n soortgelyke dispuut oor die genomineerdes vir die Staatsdienskommissie, voordat Swapo uiteindelik op sy meerderheid staatgemaak het om hul…
8 Jul 8AM 1 min

Badenoch verduidelik onttrekking by Clacton

Nie die Arbeiders nog die Tories sal 'n kandidaat vir die Clacton-tussenverkiesing daarstel nie. Die verkiesing is veroorsaak deur die bedanking uit die parlement van Reform UK se Nigel Farage, en hy sal weer staan vir die pos. Hy sal na verwagting wen en dan terugkeer na die parlement en…
8 Jul 6AM 1 min

DA sê voldoende toilette by skole is 'n reg, nie 'n doelwit nie

Die DA doen ʼn beroep op alle provinsiale onderwysdepartemente om dringend skole wat nog sanitasieprobleme het, te identifiseer en duidelike planne en tydlyne te verskaf oor hoe hulle dit gaan hanteer. Dit volg nadat die Departement van Basiese Onderwys al 3 372 sanitasieprojekte by skole afgehandel het wat in die…
8 Jul 6AM 1 min

Dagga-aktiviste op hete kole, uitspraak môre verwag

Daar is nog geen uitsluitsel in die Grondwetlike dagga saak deur aktiviste Brian Jaftha en Borro Ndungula nie. Uitspraak was Maandag verwag maar regter Claudia Claasen het die indiening van verdere dokumente geëis. Die staat het 'n aansoek vir 'n spesiale pleit gedoen om die saak van die rol te…
8 Jul 6AM 1 min

Nabta stel maatreëls vir langafstand taxi's voor

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging, Pendapala Nakathingo, stel voor dat alle openbare vervoervoertuie handmatige passasiersregistrasies deur middel van kontroleboeke moet hê om owerhede na ongelukke by te staan, sowel as outomatiese brandblusserstelsels. Hy het gepraat tydens die Nasionale Raad se staande komitee oor vervoer se verhore oor…
8 Jul 6AM 1 min

IPC eis rekord van Amutse se ondersoek na Nasan en Vivo

Die IPC het die regering se hantering van 'n omstrede brandstof-mededingingsbesluit na die parlement geneem. Die party eis antwoorde van die energieminister oor die opskorting van sleutelvoorwaardes wat deur die Mededingingskommissie opgelê is vir die samesmelting van Vivo Energy Namibia met Engen. Dit raak ook Nasan Energies wat verhoed is…
8 Jul 6AM 1 min

EU sê oor gryslysverwydering, sy stelsel sal nog tyd neem

Die Europese Unie het die land gelukgewens met sy verwydering van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys, asook die vrystelling van die Finansiële Intelligensiesentrum se 2025/2026 jaarverslag. Die EU se ambassadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins, het die stappe vorentoe aangedui vir die EU om ook sy wetgewing aan te pas…
8 Jul 5AM 1 min

Boumafia beheer R63 miljard se openbare projekte

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê daar is meetbare vordering in optrede teen afpersing en intimidasie in die boubedryf. Volgens die bedryf word ongeveer 180 openbare infrastruktuurprojekte ter waarde van 63 miljard Suid-Afrikaanse rand weens afpersing, intimidasie of geweld vertraag. Die bou-mafia is veral bedrywig in…
8 Jul 5AM 1 min
2740 – 2760