President Netumbo Nandi-Ndaitwah het bevestig dat Namibië besig is om 'n beleid oor kernenergie op te stel wat deur wetgewing ondersteun word, terwyl die regering daarna streef om die land se uraanrykdom in elektrisiteit om te skakel. Sy het gepraat na 'n besoek aan die fasiliteite van die China General…
Die Suid-Afrikaanse anti-immigranteoptogte is steeds in die nuus. Die teen-migrasie organisasie March and March wil nou weekliks, elke Donderdag optogte hou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Leodolf Swanepoel van die Namibiese Logistiekevereniging en uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, wat sê daar's nie tans vragvervoer-probleme nie.
Meer inligting is bekend oor Nambië se prestasie op die globale handelsmark in Mei. Die Namibiese Statistieke-agentskap berig dat die mynbou- en steengroefsektor die grootste uitvoerwaarde van 6,6 miljard Namibiese dollar gegenereer het, wat meer as die helfte van die land se totale uitvoerinkomste beslaan het. Die agentskap se woordvoerder,…
Die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef, sê kinders betaal steeds die hoogste prys in Israel se oorlog in Gaza wat reeds langer as 'n duisend dae voortwoed. Die dodetal het 73 098 bereik sedert dit in Oktober 2023 losgebars het. Verslae dui aan meer as 60 000 kinders is dood…
Goud het in Januarie sy geskiedkundige hoogtepunt van meer as 5 500 Amerikaanse dollar 'n fynons bereik maar het sedertdien geleidelik gedaal. Oor die afgelope week het die edelmetaal weer effe gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Suid Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gekry oor die amper 4 persent styging…
Die Madlanga-kommissie het beweerde WhatsApp-boodskappe ondersoek wat die senior polisie-offisier Feroz Khan, die EFF-leier Julius Malema en die sakeman Mohamed Sayed betrek. Getuienisleier Michael Chaskalson sê dit dui aan Sayed het in Junie 2021 inligting aan Khan gestuur op Malema se versoek. Die boodskappe is nog nie as bewyse getoets…
'n Reus Namibiese afvaardiging gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah is op amptelike besoek aan China. Meer as 200 sakepersone is saam maar die Presidensie het nie die grootte van die staat se afvaardiging bekend gemaak nie. Inligtingsminister Emma Theofelus het die land se wetgewing rakende kunsmatige intelligensie aangespreek.
Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 311 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem, asook drie onwettige vuurwapens en sewe gesteelde of gekaapte voertuie teruggevind. 'n Totaal van 52 858 boetes vir verkeers- en verordeningsoortredings is ook uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê…
Jake Maritz, die bestuurder by Cran verantwoordelik vir die implementering van die Universele Diensfonds, het op Cran se potgooi, Crancast, oor een van die land se belangrikste konnektiwiteitsinisiatiewe gepraat. Die inisiatief poog om nedersettings te bereik deur konnektiwiteit te verseker, en is deel van die owerheid se oorhoofse plan om…
Die regering kom onder skoot na die sportministerie in 'n interne skrywe op 15 Junie belanghebbendes ingelig het hy geen versoeke vir finansiële ondersteuning kan oorweeg nie, as gevolg van geldtekorte. Sport is een van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se pilare en sy het 6,9 miljard Namibiese dollar daaraan belowe. Vervoer…
Die omgewingsministerie hersien die bestuur van die hoogs sensitiewe duingordel tussen Swakopmund en Walvisbaai deur 'n nuwe, gestruktureerde konsessieproses in te stel. Na aanleiding van openbare en belanghebbende konsultasies in die Erongo-streek, stel die ministerie streng bepalings en voorwaardes vas om kommersiële operateurs wat vierwielmotorfietse en 4x4's te reguleer. Om…
Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, is verheug dat die Departement van Basiese Onderwys se 2018-projek om put-toilette by skole te vervang, uiteindelik afgehandel is. Rondom 3 372 skole wat in die 2018-oudit geïdentifiseer is, het nou veilige en behoorlike sanitasiegeriewe waaruit meer as 3 miljoen leerders voordeel trek. Makaneta sê hierdie…
Navo se 32 lidlande begin vandag ʼn tweedaagse beraad in Ankara, Turkye. Dit vind plaas op ʼn belangrike tyd vir die alliansie, met spanning tussen die organisasie en Amerika oor Iran en Groenland. Die nasies het verlede jaar ooreengekom om vyf-persent van hul bruto binnelandse produk in verdediging te belê…
Inwoners van Gibeon eis aanspreeklikheid nadat bewerings van polisiebrutaliteit by die plaaslike polisiestasie na vore gekom het. Die gemeenskap beweer dat individue wat beskerming by die polisiestasie gesoek het, eerder aan onmenslike en onwettige behandeling deur beamptes aan diens onderwerp is. Maar gemeenskapsleier Christiaan Swartbooi sê aan Kosmos 94.1 Nuus…
Die DA se Federale voorsitter, Solly Msimanga, sê die party se uitvoerende federale raad sal die uitwerking ondersoek van John Steenhuisen se bewerings oor Tony Leon en sy skakelfirma, Resolve Communications, en bepaal of die DA in 'n slegte lig gestel is. Steenhuisen beweer DA-ministers, insluitend die minister van Kommunikasie…
Die DA het president Cyril Ramaphosa se besluit gekritiseer om die voormalige minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Frankryk aan te stel. Die party beskuldig die president dat hy die belange van ANC-kaders bo dié van die land en sy buitelandse beleid stel. Die 63-jarige…
President Donald Trump van Amerika het Iran weer gewaarsku en gesê sy weermag is bereid om die land se infrastruktuur heeltemal te vernietig indien ʼn diplomatieke ooreenkoms nie bereik word nie. Indirekte onderhandelings tussen Amerika en Iran het verlede week geëindig sonder enige vooruitsig van blywende vrede, ten spyte van…
Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n amptelike openbare uitnodiging uitgereik vir 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm. Die regulatoriese geleentheid sal op 10 Julie in Windhoek van nege tot twee plaasvind. Dina //Gowases, die kommissie se woordvoerder, het meer inligting:
AfriForum sê hy sal die Inligtingsreguleerder se jongste poging teenstaan om die publikasie van matriekuitslae te keer. Dit nadat die reguleerder direk by die Appèlhof aansoek gedoen het om verlof tot appèl. Verlede maand het die Hooggeregshof in Pretoria hul aansoek om verlof tot appèl verwerp. Alana Bailey van AfriForum…
7 Jul 2AM
1 min
420 – 440
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.