Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
660 – 680

Bedryf verwelkom plaaslik vervaardigde BKS-entstof in SA

Suid-Afrika se Landbounavorsingsraad se aanleg vir die produksie van entstowwe is in gebruik geneem en die eerste 12 900 dosisse entstof is vervaardig. Daar is kommer kapasiteit omdat dit ongeveer 25 000 entstowwe per maand vervaardig. Die buurland worstel met ‘n amper landswye uitbreking van bek-en-klouseer wat nie net die…
5 Feb 11PM 1 min

Ontleder sê DA moet swart leier aanstel

Die politieke ontleder Harald Pakendorf sê die DA moet 'n swart leier aanstel wanneer John Steenhuisen in April vertrek. Hy bly aan as landbouminister. Pakendorf dink die DA moet sy aantrekkingskrag buite die middelklas verbreed, en merk op byna 80-persent van kiesers is swart. Hy het aan Newzroom Afrika gesê…
5 Feb 10PM 1 min

Goewerneur van Britse sentrale bank sê oor Mandelson

Die skokgolwe rondom die Epstein-leêrs kring steeds uit in Brittanje. Eerste minister Keir Starmer het Donderdag om verskoning gevra dat hy Lord Peter Mandelson, 'n meeloper van Jeffrey Epstein wat glo sensitiewe regering- en finansiële inligting na die pedofiel-finansier deurgegee het, se leuens geglo en as ambassadeur in Amerika aangestel…
5 Feb 10PM 1 min

Agoa-verlenging welkom, maar ander markte moet gekry word

Reaksie word ontvang op die Amerikaanse president, Donald Trump, wat die verlenging van Agoa net tot 31 Desember vanjaar bekragtig het, terugwerkend vanaf 30 September verlede jaar toe dit verval het. Die voorkeurhandelsprogram bied belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark vir begunstigde lande in Afrika suid van die Sahara en…
5 Feb 10AM 1 min

Scheffler juig oor Koepka, Reed se terugkeer na PGA-toer

Gholf: Wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, glo LIV Gholfspelers se terugkeer na die PGA-toer is 'n goeie begin om die wêreld se beste talent saam te laat meeding. Die vyfmalige Major-wenner, Brooks Koepka, het verlede week op Torrey Pines na die PGA teruggekeer terwyl 2018 se Meesterskampioen, Patrick Reed, volgende jaar terugkeer…
5 Feb 10AM 1 min

Oud-onnie van Rehoboth presteer in globale redenaarskompetisie

'n Opvoeder van Rehoboth het die derde plek in 'n groot internasionale redenaarskompetisie behaal en bo meer as 4 700 sprekers van reg oor die wêreld uitgestyg. Die afgetrede onderwyseres en voormalige skoolhoof Erica van der Hoven het die beoordelaars in die NextTopSpeaker-toernooi beïndruk met 'n diep persoonlike toespraak wat…
5 Feb 9AM 1 min

GIPF se bates, beleggingsopbrengste groei geil

Die regeringsinstellings pensioenfonds se bates het teen 31 Maart 2025 tot sowat 183 miljard Namibiese dollar gegroei, van 167 miljard dollar op 31 Maart 2024. Dit is onthul in die fonds se nuut vrygestelde geïntegreerde jaarverslag vir 2025. Die fonds het 'n fonds-solvensieverhouding van 119,69 persent en 'n voordele-tot-bydrae-verhouding van…
5 Feb 9AM 1 min

Sluit by EITI aan en stop korrupsie in olie en gas: IPPR

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy oproep aan die regering hernu om beslissende stappe teen korrupsie te doen deur by die Deursigtigheidsinisiatief vir die Ekstraktiewe Nywerhede, of EITI, aan te sluit. Die instituut se direkteur, Graham Hopwood, het vanmiddag gesê dat hoewel die huidige administrasie gereeld sy voorneme uitspreek…
5 Feb 9AM 1 min

NamRA werk aan opgaweduplikasies op ITAS

NamRA sê hy het 'n probleem met opgaweduplikasie opgespoor wat sommige belastingbetalers op ITAS raak. Die probleem is vroeër vandeesweek geïdentifiseer, en NamRA sê hul tegniese span werk daaraan om dit op te los, en adviseer belastingbetalers om intussen geen gedupliseerde opgawes weer in te dien nie. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze:
5 Feb 8AM 1 min

Vance en Rubio sal moeilik geklop word in 2028: Trump

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê teenstanders sal nie maklik slaag teen 'n moontlike gesamentlike Republikeinse presidents-veldtog deur vise-president JD Vance en die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in 2028 nie. Nie een van hulle het nog aangedui of hulle verkiesbaar gaan wees nie. Rubio het in 2016 teen…
5 Feb 7AM 1 min

Nuwe SA minimumloon bedreig werksgeleenthede: VF Plus

Die Vryheidsfront Plus sê die regering se minimumloonbeleid ontbloot diepgaande ongelykhede, met werkers van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram wat byna die helfte verdien wat werknemers in die privaat sektor ontvang. Die party waarsku dat die onlangse verhoging tot net meer as 30 Suid-Afrikaanse rand per uur tot werksverliese kan lei,…
5 Feb 7AM 1 min

NNN veroordeel aanvalle op aanklaers, regbank

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die skiet- en suuraanval op Ondangwa-staatsaanklaer Justine Shiweda veroordeel, na Shiweda na bewering borgtog geweier het aan die vermeende kriminele meesterbrein en voormalige polisiebeampte Abner Mateus. Tydens die opening van die 2026-regsjaar het sy gesê hofbeamptes moenie in vrees leef as gevolg van besluite wat in…
5 Feb 7AM 1 min

Daling in brandstofprys bring verligting vir SA-boere

FNB in Suid-Afrika sê die onlangse brandstofprysverlaging, ondersteun deur 'n sterker rand en laer internasionale oliepryse, sal kostedruk vir boere verlig. Dieselpryse het met tot 57-sent per liter gedaal, terwyl albei grade petrol met 65-sent per liter gedaal het, en verlig een van die grootste kostedrukpunte in plant, oes en…
5 Feb 5AM 1 min

Ngurare tree toe, Unam bied senior-student verligting

Unam het 'n betalingsinisiatief bekendgestel om senior studente by te staan met uitstaande skuld. Dit kom na die eerste minister, dr. Elijah Ngurare in gesprek met Unam en Nust getree het om senior studente by te staan. Voorheen kon die studente nie registreer vir die nuwe studiejaar as hulle skuld…
5 Feb 5AM 1 min

Regters se werkslading styg met 60% in 2025

Namibië se howe is onder geweldige druk, met een hoërhofregter wat gemiddeld meer as 600 sake per jaar hanteer. Ernstige tekorte aan regterlike kapasiteit druk die stelsel tot sy uiterste en vertraag geregtigheid. Hoofregter Peter Shivute het hierdie kommer uitgespreek tydens die amptelike opening van die 2026-regsjaar vanoggend.
5 Feb 5AM 1 min

SOE-rade moet begin hulle werk doen - kenner

Verskeie van Namibië se belangrikste staatsbeheerde maatskappye word deur waarnemende uitvoerende hoofde bestuur, en kenners waarsku dat dit 'n groeiende probleem is. Bedryfskundiges waarsku dat maande hiervan toesig verswak, aanspreeklikheid vervaag en kritieke besluite vertraag, wat die risiko van ernstige operasionele mislukking verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Ntelamo…
5 Feb 5AM 1 min

Nuwe notering op NSX maak geleenthede oop

Impact Property Fund het op die Namibiese Sekuriteitebeurs as 'n kapitaalpoelmaatskappy genoteer, wat 'n publiek verhandelde voertuig skep om eiendomsgesteunde en diensgedrewe verkrygings in Namibië na te streef. Die fonds, wat onder die ‘ticker’ IFP verhandel, het sy debuut op 30 Januarie vanjaar gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
5 Feb 4AM 1 min
660 – 680