Taaltoffie

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings.
Taaltoffie word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa Books · Language Learning Narrated by Afrikaanse skrywers en taalfoendi's
176 Episodes
1 – 20

Ferreira trek steeds in Afrikaans

Ons almal kan die volksliedjie “Vat jou goed en trek!”, maar waar kom dit vandaan en wie is die Ferreira van wie daar gesing word?
16 Jul 4 min

Seevaartterme laat val anker in Afrikaans

As my skip gekom het, jou anker êrens laat val, iemand die loef afsteek ... Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde uit die skeepvaart sê.
10 Jul 3 min

Mooi (Afrikaanse) broodjies bak

Al ooit die uitdrukkings “koffie deur die vlak jaag“ en “die brood dik smeer” gehoor? Luister saam na Leon en Amanda de Stadler se gesprek oor uitdrukkings, idiome en spreekwoorde uit die alledaagse lewe.
18 Jun 5 min

Dié Afrikaanse spreekwoorde het Bybelse wortels

Iemand nie van Adam se kant af ken nie, Adam en Eva se skoene aantrek, ʼn Simsonsversugting slaak … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde uit die geloofslewe sê.
13 Jun 4 min
1 – 20