Dis weer daardie tyd van die jaar waar die landboubedryf momentum kry! OFM is trots om weer by Graan SA se NAMPO Oesdag te wees – van 12 tot 15 Mei by NAMPO Park buite Bothaville.
Occasionally
Afrikaans South AfricaBusiness · News
Hoëronderrig bly belangrik en daar's deesdae soveel opsies om van te kies. Hoe maak mens seker dat jy nie die spreekwoordelike kat in die sak koop nie? Jeanmarie van Niekerk, studentewerwer van Akademia kuier op At Lunch om 'n paar vrae te beantwoord…
Suid-Afrika het tans sowat 140 Wagyu-boere wat dié liplekker vleis produseer, nie net vir die plaaslike mark nie, maar ook vir die internasionale mark. Elandri de Bruyn van die Wagyu-genootskap het met OFM-nuus se Elsabé Richard-May hieroor gesels …
‘n Bedrag van R100 000 is gister op NAMPO Park tydens Graan SA se Nampo Oesdag aan die Agri Securitas-trustfonds oorhandig ná OFM se suksesvolle #BakkieArm-fondsinsamelingsveldtog. Agri Securitas is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle vir die verbetering van landelike veiligheid beywer. Elsabé Richard-May het ná dié oorhandiging met Agri SA…
Nicol Jansen, adjunk-president van Agri SA sluit by Pulane Nel-Sekepe aan om kwessies soos beurtkrag en wat Agri SA in hierdie vrerband vir sy lede doen, te bespreek.
Pulane Nel-Sekepe gesels met Nico Groenewald, hoof van agri-besigheid van Standard Bank, oor wat die bank vanjaar als aanbied by Graan SA se NAMPO Oesdag.
Marnitz Marais van Global Wellness kuier weer op Mid-Morning Magic met 'n alternatiewe produk om algemene gesondheid te verbeter. Jy kan hulle besoek in die Hopefield Saal tydens NAMPO.
Saffraan, ook bekend as rooi goud, is die duurste spesery ter wêreld teen sowat R250 000/kg. Dié prag-persblommetjies word tussen Williston en Calvinia in die Noord-Kaap deur ‘n passievolle saffraanprodusent - Bennie Engelbrecht - geplant en geoes. Hy gesels in ‘n tweedelige onderhoud met OFM-nuus se Elsabé Richard-May hieroor.
Graan SA se NAMPO Oesdag het gister begin en OFM-nuus se Elsabé Richard-May woon hierdie groot landbouskou by. Sy het met die organisasie se Danie Minnaar gesels oor hoe die eerste dag verloop het.
Een van die groot trekpleisters hier by Graan SA se NAMPO Oesdag is Safari Outdoor en dit lyk asof OFM se Jaco de Waal net nie genoeg kan kry nie... Jaco Brink, Algemene Bestuurder, kom loer weer in by Mid-Morning Magic.
OFM se luisteraars word omtrent bederf met van die grootste name in georganiseerde landbou op die lug… Agri SA se hoof-uitvoerende beampte Christo van der Rheede gee 'n kort oorsig te bied oor die stand van landbou in Suid-Afrika tans…
16 May 2023
3 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.