Radio Pulpit Delf steeds dieper

Delf steeds dieper

Delf Steeds Dieper nooi jou uit om saam te delf en dieper te soek na die skatte van ons Vader. Die Waarheid is so groot soos ons Messias Self en in hierdie lewe sal ons nooit ophou delf en leer nie!
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
66 Episodes
20 – 40

Wat is die bron van vreugde!?

Aan die einde van die jaar kan mens knak onder druk en werk wat moet klaar en sommer te veel wat nog moet klaar kom! Luister gerus na Delf Steeds Dieper wat die laaste Maandag van November 2023 uitgesaai is! In hierdie program gesels Esté met Amanda Swanepoel wat kom…
27 Nov 2023 41 min

Issaskar

Die simbool van hierdie stam is ‘n donkie – pakdier van die Bybelse tyd. Mense uit hierdie stam is opreg, gereed om te dien en soekend na intimiteit meer as vorm. Luister gerus en leer.
13 Nov 2023 41 min

Die stam van Aser #2

Die stam van Aser het die mooiste beloftes van ons Vader ontvang – tog kon hulle nie breek met afgode nie. Ons mag nie hulle voorbeeld volg nie!
6 Nov 2023 42 min

Stam van Gad

Dis wonderlik om die dieper betekenisse van die twaalf stamme van Israel te ontdek. Mense wat vandag steeds – profeties - uit die stam van Gad kom, het die vermoë om uit te styg bo die normale – hulle het ook dapperheid om te doen waarin hulle glo. Kom leer…
30 Oct 2023 43 min

Pieter Badenhorst

Beleef jy dat jy vasgeval het en jy weet nie eers regtig waarin nie? Wonder jy by tye met opregte moedeloosheid wie jy is, waarin ware sekuriteit lê? Of wonder jy sommer net ... “wat maak ek hier?” Luister seblief na die gesprek met Pieter Badenhorst, Esté se gas in…
23 Oct 2023 41 min

Die sewende seun van Jakob was Gad

Die sewende seun van Jakob was Gad. Daar was ‘n paar dinge in hierdie man se lewe wat hom agter die knieë wou vang – tog moet elkeen uit hierdie stam weet dat ons Vader kosbare planne het vir elkeen wat leef met die salwing van Gad.
16 Oct 2023 40 min

Annatjie Krige

Annatjie Krige was die gas in vandag uitsending van Delf steeds dieper.
9 Oct 2023 42 min

Die stam van Naftalie

Watter wonderbare beloftes en vooruitsigte is daar nie gestel en belowe aan die stam van Naftalie nie. Vandag word die bespreking van hierdie kosbare stam - wat selfs op kunstige wyse - die gawe het om Woord oop te breek, mense wat jy nie moet vashou nie, hulle sal jou…
2 Oct 2023 43 min

Die stam van Naftali

Die sesde seun van Jakob se naam was Naftali. Die een was anders! ‘n Mens soos ‘n bokkie wat teen berghange uit wip terwyl hy daarmee sê: “Moenie my probeer vang of vashou nie – ek wil by ons Vader hoor waar ek moet heen en wat om daar te…
25 Sep 2023 38 min

Die stam van Dan - Deel 2

Op Maandag 18 September word die tweede deel van die verduideliking van die stam van Dan uitgesaai. Ons Vader het groot en belangrike dinge vir hierdie stam beplan – maar Hy laat uiteindelik toe dat die finale uitkomste van die mens berus by die keuses wat hy maak: ‘n Daniet…
18 Sep 2023 45 min

Die stam van Dan

Daar is soveel te leer uit die stamme van Israel, hulle name, stene en vaandels. Vandag kom Dan vir ‘n eerste keer aan die beurt. Dan is ‘n baie belangrike stam met interessante betekenisse wat na meer as een kant toe swaai. Dan was min of meer Rachel se eerste…
11 Sep 2023 39 min

Herstel na traumatiese ervarings

In hierdie program – uitsending Delf Steeds Dieper , 4 September 2023 - word gefokus op die pastorale begeleidingsproses tot heling en herstel na traumatiese ervarings soos aanranding, geweldsmisdaad, trauma in ‘n gesin en meer. Prof Wentzel Coetzee wat lank aan die PUK verbonde was, is my ateljeegas. Vrae soos…
4 Sep 2023 47 min

Die Stam van Juda - Deel 2

In hierdie gesprek van 28 Augustus word die verduideliking van hierdie besondere stam verder geneem. Luister en leer – oor mense wat soos welpies onnutsig is, totdat hulle deur ‘n fase van moeilikheidsoeker moet leef, voordat die volwasse leeu se brul ander om hulle stil maak.
28 Aug 2023 39 min

Die stam van Juda

In die reeks oor die stamme van Israel, waarin die betekenis van name, simbole en profesieë, was die stam hanteer word, was die stam van Juda vir ‘n eerste aanbieding aan die beurt op Maandag 21 Augustus 2023. Hierdie stam is belangrik en daar is soveel om in te neem…
21 Aug 2023 42 min

Die stam van Levi

Die gesprek oor die 12 stamme van Israel is weer aan die beurt in hierdie aanbieding. Die stam van Levi kom verder aan die beurt. Wat ‘n kosbare lering is daar nie in hierdie stam verskuil nie! Die hoogtepunte en laagtepunte van die stam asook dit wat ons leer uit…
14 Aug 2023 42 min

Marianne Peak

Hoe sus die vyand ons nie aan die slaap nie en sy sagste teiken? Ons kinders. Daar is soveel speelgoed, rolprente en karakters wat hieruit voortspruit ... en ons kinders dra die uitbeeldinge daarvan op hulle klere, hulle kry speelgoed wat hierdie karakters voorstel en ons glo liggelowig dat dit…
7 Aug 2023 44 min

Wat ons profeties kan leer uit die twaalf stamme van Israel

In vandag se uitsending van die program Delf Steeds Dieper, het ons verder gesels oor dit wat ons profeties kan leer uit die twaalf stamme van Israel. Simeon was aan die beurt – die betekenis van sy naam en simbole, spesifieke gebeure in sy lewe wat merkbaar uitspel wie hy…
31 Jul 2023 42 min

Belangrikheid van die twaalf stamme van Israel - Deel 2

Hierdie uitsending van die program Delf Steeds Dieper is ‘n tweede gesprek oor die belangrikheid van die twaalf stamme van Israel – wat ons moet leer uit hulle simbole en geskiedenis en ook die profetiese woord wat oor hulle uitgegaan het. Alles gaan oor Verlossing in Jesus wat die Christus…
24 Jul 2023 43 min

Antoinette Maree

Om in ‘n hospitaal opgeneem te word vir ‘n spesifieke operasie en dan later te hoor dat jy met ‘n ernstige kanker gediagnoseer word, sal vir enigeen ‘n skok wees. In hierdie uitsending van Delf Steeds Dieper, vertel Antoinette Maree hoe ons Vader haar en haar gesin gedra het deur…
17 Jul 2023 44 min

Delf Steeds Dieper

Ons het nodig om die boodskap van ons Vader wat Hy deur die karakters en geskiedenis van die Ou Testament vir ons gee, te hoor en te verstaan sodat dit wat Hy in die Nuwe Testament vir ons leer, te kan begryp en toe te pas. Verder speel die twaalf…
11 Jul 2023 24 min
20 – 40