Maroela Media Maroela Media Nuus

Maroela Media Nuus

Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Weekly Afrikaans South Africa News
68 Episodes
40 – 60

‘Lady R’: Departement gee nog geen antwoorde

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, sê die departement se vertraagde reaksie op sy versoek vir inligting wys dat die regering nie werklik belangstel in aanspreeklikheid nie.
13 Jun 2023 1 min

Plaasaanvalle: Gemeenskappe moet self 'mobiliseer'

Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, doen ’n dringende beroep op boere en landelike inwoners om hul veiligheid en paraatheid op te skerp. Die oproep kom na twee plaasaanvalle waarin vier mense gesterf het.
5 Jun 2023 1 min

Cholera: Tientalle gevalle met polisiekollege verbind

ʼn Polisiebeampte van Musina in Limpopo wat vroeër vandeesmaand na Gauteng gereis het om ʼn kort kursus by 'n polisiekollege in Hammanskraal by te woon, was die eerste pasiënt om positief te toets vir cholera wat die uitbreking in Hammanskraal betref.
31 May 2023 2 min

Beloning vir inligting oor moord op beskermingshoof se seun

Die 31-jarige Rhoode is die seun van genl.maj. Wally Rhoode, hoof van pres. Cyril Ramaphosa se beskermingsdiens. Warren se liggaam se vroeër vandeesmaand in Delft gevind. Volgens Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, word Rhoode se voertuig, 'n swart Volkswagen Polo, steeds vermis.
31 May 2023 1 min

Kerkstraatbom: 40 jaar later talm die reuk van bloed steeds

Johan Böning, 'n afgetrede polisiekolonel, het Maroela Media vertel oor die grutonele wat op 20 Mei 1983 in Kerkstraat, Pretoria, afgespeel het toe ʼn motorbom voor die Poynton-gebou, waar die lugmaghoofkwartier destyds geleë was, ontplof het.
25 May 2023 1 min

Regering moet oop kaarte speel oor Chinese ‘spioenasieskip’

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane, sê die regering is Suid-Afrikaners 'n behoorlike verduideliking verskuldig oor presies wat die Yuan Wang 5, 'n Chinese waarnemingskip, in Suid-Afrikaanse gebiedswater doen.
22 May 2023 1 min

77 plaasaanvalle in 90 dae

AfriForum se jongste verslag oor plaasaanvalle en -moorde toon dat daar nie ’n noemenswaardige afname in syfers tussen die eerste kwartaal van hierdie jaar en dieselfde tydperk verlede jaar is nie.
22 May 2023 1 min

Gou spring om Gautengse leerders in te skryf

Ouers en voogde wat hul kinders volgende jaar vir gr. 1 of -8 in Gautengse skole wil inskryf, moet kennis neem dat die aanlyn registrasieproses op 15 Junie 2023 om 08:00 open. Dié tydperk loop op 14 Julie 2023 om middernag ten einde. Alana Bailey van AfriForum moedig ouers aan…
22 May 2023 1 min

SA leerders se leesvaardighede power

AfriForum loof plaaslike skole wat eilande van uitnemendheid is en kinders behoorlik met geletterdheid toerus, maar is diep bekommerd oor die meeste skole se onderrig. Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriiForum, is aan die woord.
16 May 2023 1 min

Rusland: SA 'pleeg ekonomiese selfmoord'

Selfs al is wapens nie verskaf nie, het die besoek van Russiese skepe en vliegtuie en die gesamentlike vlootoefening, gegewe die huidige internasionale klimaat, die voorwaardes geskep vir Suid-Afrika om ekonomiese selfmoord te pleeg, waarsku Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.
12 May 2023 1 min
40 – 60