Afrikaans.Radio Wat sê die Tannies

Wat sê die Tannies

Kom kuier saam Tannie Lettie en Tante Meraai net op Afrikaans.Radio. Die Tannies deel hul wyshede en antwoord jou vrae net soos Tannies dit kan doen. Stuur jou vrae na tannies@afrikaans.radio vir nuttige en puttige raad!
Afrikaans Explicit South Africa Comedy · Education
5 Episodes

Is al die goeie Afrikaanse musiek reeds gemaak?

Tannie Lettie en Tante Meraai gee raad oor Afrikaanse musiek. Die Tannies het ‘n brief ontvang wat vra vir goeie Afrikaanse liedjies wat die persoon kan luister in hul bakkie en ook wanneer hulle braai. Die Tannies deel hul idees oor wat is ‘n goeie begin sonder om spookasem musiek…
Season 1 / Episode 1 15 min

Tannies help! Ek wil nie pissies grootmaak nie.

Anoniem vra raad by Tannie Lettie en Tante Meraai oor sy twee seuns. Nog jonk maar onder hul Ma se invloed. Hy is bang dat hy "pissies" grootmaak omdat Ma die kinders oppiep. Luister wat is die Tannies se raad.
Season 1 / Episode 2 11 min

Die Skoonma

Anoniem vra raad vir Tannie Lettie en Tante Meraai oor haar skoonma. Volgens die brief aan die Tannies kan die dame niks reg doen in die oë van haar skoonma nie, en sy kom sommer 7 uur die oggend in hul kamer in om met haar skoor te soek.
Season 1 / Episode 3 8 min

Ek is "anders", help asb!

Anoniem vra vir Tannie Lettie en Tante Meraai hoe hul sal reageer as een van hulle kinders gay of lesbies is? Sy weet al vir jare dat sy van meisies hou en “anders” is as haar vriende. Sy is bang om uit die kas te klim maar ‘n verhouding raak…
Season 1 / Episode 4 10 min

Dit is te KORT! Help asb!

Liewe Tannies, Ok, so ek is ‘n man van 32 en nog ‘n virgin. Ek was al in ‘n paar verhoudings maar ek kry dit nie oor myself om my broek af te trek en die ding te doen nie. Ek kyk mooi na myself, is goed gebou ens. Maar…
Season 1 / Episode 5 10 min