Afrikaans.Radio

Afrikaans.Radio

In jou TYD. In jou TAAL.

Welkom by Afrikaans.Radio - Die KLANKBANK vir Afrikaanse Podsendings!

Afrikaans.Radio is ‘n platform wat ‘n “nuwe manier van Afrikaans wees” ontdek en verken, sonder grense of beperkings. Afrikaans is n jong en dinamiese taal, en hier op Afrikaans.Radio praat ons Afrikaans in al sy vorme en geure met die doel om ‘n gespreksgemeenskap te vestig en te koester.

Kom luister en praat saam! In jou TYD. In jou TAAL.

Afrikaans.Radio se podsendings is nou ook beskikbaar op onder andere Apple Podcast, Google Podcast en Spotify.
South Africa
10 Podcast shows

Siel

Afrikaanse Meditasies deur Greta van Rensburg. Die Meditasies is nie gekoppel aan enige geloof en is nie indringend nie. Kom ontspan en luister saam, net op Afrikaans.Radio.
29 Mar 7 episodes Afrikaans Alternative Health · Self-Improvement

KLETS

KLETS is waar jy moet wees vir jou daaglikse dosis oor alles wat saak maak. Hier "beklets" ons van die grootste nuusgebeure en nuutste temas of tendense wat ons wêreld vorm. Ons "kletsers" is nie bang om 'n bietjie omstrede te wees nie, en "beklets" dinge vanuit 'n aweregse hoek…
27 Mar 154 episodes Afrikaans Explicit Society & Culture · News Commentary

#BOEKPOD

Boekpod bring 'n intieme blik op Afrikaanse boeke, skrywers en die uitgewersbedryf. Sidney Gilroy neem luisteraars op 'n reis deur die wêreld van skryfkuns, gesels oor nuwe en ou boeke en verken skrywers se kreatiewe prosesse, gunstelingdinge, familielewe, grootwordjare en oor wat hulle inspireer. Sluit aan by 'n loslit gesprek…
17 Mar 3 episodes Afrikaans Explicit Books · Society & Culture

NUUSPOD

Nuuspod is 'n podsendingsreeks vir nuus en aktuele sake in Afrikaans, aangebied deur Izak du Plessis, voorheen 'n anker vir Monitor en Spektrum, asook Kommentaar op RSG. Izak is ook 'n skrywer wat al twee boeke gepubliseer het naamlik Boereverneukers, en Ralph Haynes: Godfather van die Wesrand. Hy skryf ook…
14 Oct 2023 3AM 40 episodes Afrikaans Explicit News

Nagsê Here

Aand oordenkings saamgestel en aangebied deur Ds. Theunis Coetzee.
27 Aug 2023 3AM 45 episodes Afrikaans Religion & Spirituality · Christianity

Wat de Vloekwoord?!

"Wat de vloekwoord" is 'n podsendingreeks waarin die standpunte en houdings van inhoudskeppers in die vermaaklikheidswêreld en media oor vloek en taboe onderwerpe ontgin word. Deur onderhoude met bekende (Afrikaanse) skrywers, TV- en filmvervaardigers, regisseurs, akteurs, musikante, redakteurs, joernaliste, podsenders en bloggers leer ons meer oor sensuur in Suid-Afrika, wat…
25 Jul 2023 14 episodes Afrikaans Explicit Society & Culture

Wat sê die Tannies

Kom kuier saam Tannie Lettie en Tante Meraai net op Afrikaans.Radio. Die Tannies deel hul wyshede en antwoord jou vrae net soos Tannies dit kan doen. Stuur jou vrae na tannies@afrikaans.radio vir nuttige en puttige raad!
22 Jul 2023 5 episodes Afrikaans Explicit Comedy · Education

My Neus in jou Besigheid

Oom Albert Einstein het gese: “Die wereld soos ons dit gemaak het is n prosess van ons denke. Dit kan nie verander word sonder n verandering in ons denke nie”. In die reeks raak ons behep met die denke van entrepreneurs in elke groote en vorm. Dr. Coléne Hind druk…
26 Jun 2023 5 episodes Afrikaans Explicit Business · Education

Waar is die JOL?

Tanya Michelle snuffel al die lekkerste plekke, jolle, dorpies, feeste en enige iets buitelewe uit, sodat jy kan beplan waar JOL jy die naweek. Indien jy 'n JOL reel op jou dorp laat weet ons! Stuur 'n email na jol@afrikaans.radio
9 Jun 2023 3 episodes Afrikaans Explicit Leisure · Entertainment News

Kopkouers

Kopkouers is binnekort beskikbaar op Afrikaans.Radio
0 episodes Afrikaans Explicit Society & Culture · Sexuality