Sonop Gaan Bos

Sonop gaan Bos elke Woensdagoggend en gesels met rolspelers wat betrokke is by natuurbewaring in die Laeveld.
Weekly Afrikaans South Africa Places & Travel · Nature
33 Episodes
1 – 20

Sonop gaan Bos met Satara Plains

Die Kruger Untamed Satara Plains-seisoenale kamp in die Krugerwildtuin het ‘n vyfster-gradering ontvang virvolhoubaarheid tydens sy omgewings-oudit. Dit is die eerste konsessie in die wildtuin om 100% te vermag. Kortom beteken dit dat wanneer die kamp afgeslaan word, daar geen koolstofvoetspoor agtergelaat word nie. Lysta Stander, mede-eienaar van die Chiefs…
17 Jul 11 min

Sonop gaan Bos saam met 'n reptielkenner

Johan Marais, die uitvoerende beampte van die Afrika Slangbytinstituut, is ook 'n kranige fotograaf wat boeke oor reptiele saamstel. Sy jongste is "Snakes and reptiles of the Kruger".
3 Jul 9 min

Sonop gaan Bos met plantasies

Die papierbedryf word verkeerdelik beskuldig van ontbossing. Samantha Choles van die Papiervervaardigers Vereniging van Suid-Afrika verduidelik vir Sonop Ontbyt dat hulle eintlik met bome boer om papier te kan maak.
27 Jun 12 min

Sonop gaan Bos met wildritte

Lizmarie Landman bestuur 'n wildrit voertuig vir gaste in die Krugerwildtuin. Sy gesels met Sonop Ontbyt oor die etiket van wildkyk.
19 Jun 12 min

Sonop gaan Bos met Wessa Laeveld

Wessa (Wildlife and Environment Society of South Africa) Laeveld speel al dekades 'n kern rol in bewaring. Jacoba Donga vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die vlêrmuisvalk.
5 Jun 11 min

Sonop gaan Bos met Rhino Man

Die dokumentêr "Rhino Man" vertel die storie van die werk wat veldwagters doen om die bedreigde renoster van uitwissing te red. Marianne de Kock gesels met Sonop gaan Bos.
24 Apr 17 min

Sonop gaan Bos met wilde perde

'n Dragtige wilde perd merrie is Sondagaand in Kaapsehoop deur 'n motoris doodgery. Andrea Fourie van die Kaapsehoop Wildeperdeforum sê die hele dorp het uitgesien na die koms van die vulletjie, omdat dié perde se bevolking aan't krimp is. Sy is bekommerd dat die wilde perde kan uitsterf as ons…
10 Apr 13 min

Sonop gaan Bos en kyk voëls

Duncan McKenzie was saam met Hugh Chittenden en Ian Whyte verantwoordelik vir die opdatering van die 2019 Roberts Bird Guide. Dié tweede uitgawe is reeds op winkelrakke en spog met ‘n uitgebreide fokus op die voëls van die Krugerwildtuin en Laeveld. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
20 Mar 14 min

Sonop gaan Bos met 'Classics in the Wild'

Verlede jaar het die seekoeie saam musiekgemaak tydens 'n klassieke konsert ten bate van die Ereveldwagters. Linda Pieters, van die SANParke Ereveldwagters, en Sandra Jacobs van Innibos gesels met Sonop Ontbyt oor die "Classics in the Wild"-konsert wat hulle vanjaar beplan. "Dit is vir Innibos wonderlik om vir 'n slag…
6 Mar 14 min

Sonop gaan Bos met insekte

Murray Bennet, 'n entomoloog (insekkenner) met jare se ervaring (hy is al 90 jaar oud) gesels met Sonop Ontbyt oor die insekwêreld en sy liefde vir bye.
21 Feb 13 min

Sonop gaan Bos met Max

Max, 'n driejarige leeu by Pumbaa Wildlife Park, is siek. Hennie and Melanie Maritz gesels met Sonop Ontbyt.
14 Feb 9 min

Sonop gaan Bos met Uile

Duncan McKenzie gaan Bos saam met Sonop en Wildman en vertel ons meer oor Laeveldse uile.
17 Jan 17 min

Nuwe geleenthede by Eco Training

Eco Training bied vanaf volgende jaar nuwe studiegeleenthede vir Bosmense aan. Corne Schalkwyk gesels met Sonop Ontbyt in hierdie week se episode van Sonop gaan Bos.
6 Dec 2023 14 min

Junior Ereveldwagters nou weer in die Laeveld

Vir die toekoms van natuurbewaring is dit belangrik om kinders van jongs af blootstelling te gee aan die geleenthede in bewaring en gasvryheid. Die Junior Ereveldwagters word daarom weer op die been gebring in die Laeveld. Chris Daniel van die SANParke Ereveldwagters gesels met Neels.
15 Nov 2023 10 min

Sonop gaan Bos: Briek vir wildlewe in die NKW

Daar is verskeie uitdagings om die wildlewe in die nasionale Krugerwildtuin (NKW) teen mense te beskerm. 'n Groot probleem is mense wat diertjies op die pad raakry. Roland Mastnek van die SANParke Ereveldwagters vertel vir Sonop Ontbyt dat dit dikwels gebeur al hou bestuurders van die spoedbeperking van 50 km/h…
25 Oct 2023 15 min

Sonop gaan Bos teen rommel

Die SANParke Ereveldwagters spandeer naweke om, om rommel wat in die Krugerwildtuin gestrooi word, op te ruim. Jenny Robertson van die Ereveldwagters gesels met Gerhardt en Andri oor die probleem.
11 Oct 2023 11 min

Sonop gaan Bos met Echo Training

Die droom van Echo Training is 30 jaar gelede om ‘n kampvuur gebore. Sedertien het hulle tallose jongmense opgelei wat in natuurbewaring werk. Richard Davis gesels met Gerhardt en Andri.
5 Oct 2023 8 min
1 – 20