Weet

Weet is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen.  Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
101 Episodes
1 – 20

Swaartekrag

Op die aarde waar ons woon, het álles ’n gewig. Dié “gewig” is in werklikheid ’n afwaartse beweging wat deur die aarde se aantrekkingskrag veroorsaak word – ons noem dit swaartekrag.
5 Mar 14 min

Sure, basisse en neutrale stowwe

Het jy al ooit gewonder waarom alles wat ons eet en drink verskillend proe of smaak? Van suikersoet tot asynsuur. Dit het alles met ons tong te doen!
5 Mar 12 min

Suid-Afrika

Suid-Afrika is op die suidpunt van die vasteland of kontinent Afrika. Die weskus is aan die Atlantiese Oseaan en die suid- en ooskus aan die Indiese Oseaan geleë.
5 Mar 10 min

Stroombaan

Stel jouself ʼn wêreld sonder elektrisiteit voor – huiswerk doen by kerslig, water op ʼn vuur kook om te kan bad, geen televisie, rekenaars, selfone of speletjies nie! Pikdonkerte en koue totdat die son weer sy kop oplig om lig en hitte aan die wêreld te verskaf.
5 Mar 10 min

Strokiesprente

Strokiesprente word beskou as visuele of grafiese tekste, dit wil sê tekste wat visuele elemente (soos byvoorbeeld kameraskote, stilfoto’s en grafika) met verbale elemente (woorde, dialoog en taal) kombineer om ʼn sekere boodskap aan die leser oor te dra.
5 Mar 13 min

Soutwater

Soutwater is ’n oplossing van sout en water, of water wat in die natuur voorkom en wat ’n hoë konsentrasie sout het wat daarin opgelos is.
5 Mar 7 min

Selfbeeld

Selfbeeld is grootliks gegrond op uiterlike eienskappe, soos lengte, gewig, vel- en haarkleur. Ander faktore wat ’n invloed op ’n persoon se selfbeeld kan hê, is hoe die persoon dink ander mense hom of haar ervaar (of sien).
5 Mar 12 min

Gesteentes

Het jy al opgelet dat alle klippe verskil, nie net wat grootte en vorm betref nie, maar ook kleur en samestelling? Klippe (’n mens kan dit ook rotse of gesteentes noem) verskil van dorp tot dorp, land tot land, kontinent tot kontinent.
5 Mar 7 min

Riviere van Suid-Afrika

Riviere speel wêreldwyd ’n belangrike rol in die lewe van mense. Riviere is nie net wonderlike natuurverskynsels en mooi om na te kyk nie, maar het ook verskeie ander funksies.
5 Mar 11 min

Poppekas

Die meeste van ons hou van ʼn lekker storie. Dit is boonop nog meer opwindend as daar drama, beweging en aksie saam met die stemme wat die storie vertel, is. Een so ʼn vorm van storievertelling is poppekas.
5 Mar 14 min

Planete

Die aarde is ons woonplek, en soms vergeet ons dat daar benewens die aarde, son en maan – dinge wat ons baie goed ken én kan sien – ook baie ander dinge in die ruimte is wat ons dalk nie met die blote oog kan sien nie. Die bekendste ander…
5 Mar 8 min

Picasso

As ʼn kind se eerste woord piz is, die verkorting van die Spaanse woord lápiz wat “potlood” beteken, is die kans baie goed dat dié persoon eendag ʼn skrywer of ʼn kunstenaar gaan wees.
5 Mar 16 min

Persoonlike higiëne

Ons kom elke dag in aanraking met miljoene kieme en om te keer dat ons nie siek word of ander mense siek maak nie, moet ons mooi na ons liggame kyk.
5 Mar 7 min

Oos-Kaap

Die Oos-Kaap is ewe beroemd vir strande om in die somer op te baljaar as vir bergpieke waarop ski-kampioenskappe gehou word.
5 Mar 29 min

Ontdekking van goud

Dink hoe vaal sou die wêreld sonder goud wees! ʼn Mens kan nie aan juweliersware, medaljes, trofeë en ander versierings dink sonder om aan goud te dink nie. Hoewel goud reeds in die tyd voor Christus ontdek en gebruik is, is dié waardevolle en kosbare metaal eers in die 19de…
5 Mar 24 min

Noordwes

Noordwes is ʼn streek met mielielande wat in goeie somers van horison tot horison strek.
5 Mar 10 min

Noord-Kaap

Die Noord-Kaap is die grootste provinsie in Suid-Afrika, maar dit het die minste inwoners. Dorpe is ver uitmekaar en baie kinders wat op plase en piepklein dorpies woon, was nog nooit in ʼn stad nie.
5 Mar 17 min

Nelson Mandela

Nelson Rolihlahla Mandela was Suid-Afrika se eerste swart president en word as die “vader van demokrasie” in Suid-Afrika beskou omdat hy vir vrede en regverdigheid geveg het, asook vreedsaam onderhandel het vir die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika.
5 Mar 9 min

Natuurlike hulpbronne

Natuurlike hulpbronne is materiaal of stowwe wat natuurlik voorkom. Hierdie stowwe is in ʼn onverwerkte, natuurlike vorm en op daardie manier waardevol vir menslike gebruik.
5 Mar 10 min

Nasionale Vrouemonument

Die Nasionale Vrouemonument is in 1913 in die suide van Bloemfontein in die Vrystaat opgerig, ter nagedagtenis aan die vroue en kinders wat van 1899 tot 1902 tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het.
5 Mar 8 min
1 – 20