Weet

Weet is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen.  Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
101 Episodes
20 – 40

Mpumalanga

Mpumalanga is die tweede kleinste van Suid-Afrika se nege provinsies en is in die noordoostelike deel van die land geleë – voorheen bekend as Oos-Transvaal.
5 Mar 19 min

Mozart

Wolfgang Amadeus Mozart (1756-1791) word gereken as een van die beste klassieke komponiste wat die wêreld nóg gesien het.
5 Mar 11 min

MIV/Vigs

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is menslike immuniteitsgebreksvirus of MIV (HIV in Engels) ’n baie ernstige siekte waaraan meer as 40 miljoen mense al dood is.
5 Mar 7 min

Mikroörganismes

Mikroörganismes is lewende organismes wat te klein is om met die blote oog te sien en word gewoonlik met ’n mikroskoop bekyk. Bakterieë, virusse, fungi (of swamme), alge en protista is voorbeelde van mikroörganismes.
5 Mar 11 min

Medisyne

Ons ken medisyne as pille, stroop, inspuitings en binneaarse vloeistof (intraveneuse terapie of drup), asook salf en medisinale olies. Om te ontwikkel tot die verwerkte vorm van medisyne wat ons vandag gebruik, het medisyne ’n lang pad gestap vanaf ’n natuurlike vorm – meestal plante of kruie.
5 Mar 17 min

Inkomstes en uitgawes

Jy kry gewoonlik sakgeld (wat dalk volgens jou hopeloos te min is). Dit is jou inkomste per maand. Uitgawes is weer die geld wat jy uitgee. Wat koop jy met jou sakgeld?
5 Mar 11 min

Improvisasie

Improvisasie is die kuns of handeling om te improviseer, of om enigiets te komponeer, uit te spreek, uit te voer of te verwerk sonder vooraf voorbereiding
5 Mar 9 min

Emosies

Voel jy partykeer hartseer as jy ʼn mooi fliek kyk; raak jy kwaad as jou maats met mekaar baklei; het jy ʼn troeteldier waarvoor jy baie lief is? Die verskillende gevoelens wat jy ervaar, noem ʼn mens emosies.
5 Mar 11 min

Die Uniegebou

As die Uniegebou in Pretoria kon praat, sou dié gebou wat al meer as ‘n eeu oud is, seker nooit ophou gesels nie! Die gebou het ’n pragtige uitsig oor die stad Pretoria en is die amptelike setel van Suid-Afrika se regering.
5 Mar 9 min

Die geskiendeis van Johannesburg

Dorpe en stede word om baie verskillende redes gestig. Dikwels is dit een of ander belangrike ontdekking wat veroorsaak dat ’n dorp of stad gestig word. Kom ons kyk hoe dit met Johannesburg gebeur het en hoe dit van ’n dorp tot Suid-Afrika se grootste stad ontwikkel het
5 Mar 12 min

Die geskiedenis van Pretoria

Wanneer mens vandag na Pretoria kyk en jou vaskyk in teerstrate en groot geboue so ver as wat die oog kan sien, is dit moeilik om jou te kan verbeel hoe dit gelyk het voor daar mense hier gebly het. Dit was ’n lushof van berge, heuwels, bome, strome en…
5 Mar 26 min

Biodiversiteit

Biodiversiteit is ’n term vir die groot verskeidenheid van lewe op aarde asook vir die prosesse wat alles aan die lewe hou. Dit word gesien as die diversiteit ten opsigte van lewende organismes en die verskillende ekosisteme waarin hulle voorkom en in interaksie met mekaar verkeer.
5 Mar 9 min

Wie was die Voortrekkers?

Dalk is jy lid van die Voortrekkers, ’n kultuurbeweging spesiaal vir die Afrikaanssprekende jeug. Maar voordat hierdie beweging in 1931 gestig is, was daar die Groot Trek wat teen die einde van 1835 begin het. Die mense van die Groot Trek het as die Voortrekkers bekendgestaan.
5 Mar 46 min

Wes-Kaap

Die Wes-Kaap is die mees suidelike provinsie en die vierde grootste van die nege provinsies in Suid-Afrika. Die twee grootste stede is George en Kaapstad. Kaapstad staan ook bekend as die Moederstad.
5 Mar 6 min

Vulkane

Jy het seker al op die televisie of in ‘n rolprent gesien hoe ‘n berg ‘n oranjerooi, vuurwarm vloeistof uitspoeg wat soos ‘n rivier oor die aarde se oppervlak vloei en alles in sy pad verbrand, verskroei of verteer. Ons noem dié verskynsel ‘n vulkaniese uitbarsting.
5 Mar 11 min

Vrystaat

Hierdie provinsie is voorheen die Oranje-Vrystaat genoem. In die 19de eeu was dit ʼn ruk lank, tot ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) ʼn onafhanklike staat.
5 Mar 21 min

Vroeë jagters van Suid-Afrika

Om te jag is een van die oudste maniere waarop mense hulself aan die lewe gehou het. Mense het in die vroegste tye hul kos in die hande gekry deur veldkos te versamel en diere vir vleis te jag.
5 Mar 9 min

Vloeistof

Vloeistof is ʼn toestand van materie tussen ʼn vaste stof en ʼn gas waarin die deeltjies relatief vry beweeg en dus die vorm van die houer waarin dit is, aanneem, byvoorbeeld water.
5 Mar 8 min

Vloede

’n Vloed is ’n oorvloed (’n groot hoeveelheid) water wat gewoonlik skielik of binne ’n kort tydjie op grond voorkom wat gewoonlik droog is. Vloede is meestal die gevolg van ’n rivier wat oorstroom, ’n dam wat breek, sneeu wat smelt of baie swaar reënval.
5 Mar 10 min

Vleilande

’n Gebied word as ’n vleiland gesien indien dit moerasagtige grond, waterliewende plante en ’n hoë watertafel het. Dit word gesien as grond wat oorganklik is tussen grond- en watersisteme waar die watertafel gewoonlik naby die bogrond is, of waar die grond periodiek met vlak water bedek is.
5 Mar 7 min
20 – 40