Weet

Weet is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen.  Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
101 Episodes
40 – 60

Vincent van Gogh

Hoewel hy nie gedurende sy leeftyd bekend was nie en slegs een skildery, Die Rooi Wingerd (The Red Vineyard) verkoop het, word Vincent van Gogh vandag as een van die grootste en invloedrykste kunstenaars van sy tyd beskou.
5 Mar 9 min

Vaste stof

Vaste stof is ʼn toestand van materie waarin die deeltjies nie vry is om te beweeg nie, maar vaste posisies het waarin dit vibreer, byvoorbeeld yster. Materiale is oral om ons, hetsy in die vorm van vaste stowwe, vloeistowwe of gasse. ʼn Materiaal sal altyd een van hierdie drie stowwe…
5 Mar 8 min

Vervoer

Vervoer is die verskuiwing of beweging van mense of goedere van een plek na ’n ander plek. Waar vervoer jare gelede baie primitief (eenvoudig) was en dit soms ’n paar maande geneem het om van een plek na ’n ander te reis, is vervoer vandag blitsvinnig.
5 Mar 10 min

Vars water

Daar is twee soorte water in die wêreld – soutwater en vars water. Het jy al ooit in die see geswem en per ongeluk van die water ingesluk? Dit het sout gesmaak, nè? As jy die water in ’n meer of ’n dam sou insluk, sal dit nie so sout…
5 Mar 9 min

Transatlantiese slawehandel

Transatlantiese slawehandel, wat deel van die wêreldwye slawehandel was, het van die 16de tot die 19de eeu geduur. Tussen 10 en 12 miljoen swart Afrikane is as slawe oor die Atlantiese Oseaan na die vroeë Amerikaanse kolonies (die Amerikas) weggevoer.
5 Mar 12 min

Toneelskepping

Die woord toneel verwys na veel meer as net ’n konsert en sluit, onder meer, die volgende in: dit kan ’n plek wees waar iets besonders voorval of gebeur, of dit kan die voorval of gebeurtenis self wees.
5 Mar 13 min

Tafelberg

Tafelberg is die bekendste berg in die Suidelike Halfrond en is ʼn onvergeetlike gesig, veral in die somer wanneer die suidoostewind waai en wolke en mis oor die rand van hierdie groot, grys berg val om die beroemde “tafelkleed” te vorm.
6 Feb 13 min

Boeddhisme

Volgens oorlewering is Siddhartha Gautama die Boeddha waaruit Boeddhisme ontstaan het. Hy was die seun van koning Suddhodana, 1 heerser van die Sakya-stam (‘n etniese groep suid van die Himalajagebergte) in die 5de eeu v.C.
6 Feb 31 min

Baken

’n Baken of landmerk is ’n maklik herkenbare voorwerp wat uitstaan in die omgewing – hetsy natuurlik of mensgemaak. Bakens kan dikwels van ’n afstand gesien word en is veral nuttig om jou posisie in die omgewing te bepaal. Dit word ook ’n landteken genoem.
6 Feb 14 min

Asemhaling

By die mens en dier beteken asemhaling altyd die opneem van suurstof en die uitskeiding van koolsuurgas.
6 Feb 25 min

Limpopo

Limpopo is bekend vir sy hoë berge en digte woude. Die hoofstad Polokwane se naam beteken “Plek van veiligheid” in Sepedi. Meer as die helfte van die inwoners praat Sepedi.
19 Jan 12 min

Leier

Die voetspore van leiers is oral sigbaar in ons samelewing. Belangrike besluite is deurgevoer danksy dapper leiers wat bereid was om die eerste tree te gee en ook te lei deur ʼn goeie voorbeeld te wees. Oral om ons is daar leiers, baie van ons is self ook leiers.
19 Jan 11 min

KwaZulu-Natal

Durban en KwaZulu-Natal se noord- en suidkus is baie gewilde vakansiebestemmings vir mense van die Hoëveld en Zimbabwe, veral in die winter. Van April tot Oktober hou die warm Agulhasstroom, wat ʼn paar kilometer van die kus af suidwaarts vloei, die watertemperatuur op ʼn baie aangename 25 grade Celcius.
19 Jan 26 min

Kulturele danse

Dans is ‘n opeenvolging van bewegings van die voete, hande en lyf op die maat van musiek, deur ’n individu, ‘n danspaar of ‘n groep. Daar is verskeie vorme van dans: ’n informele manier vir sosiale ontspanning en pret, of ’n formeler vorm wat ’n spesifieke styl behels. Daar is…
19 Jan 17 min

Klimaat

Ons land word dikwels ‘sonnige Suid-Afrika’ genoem omdat ons so ‘n lekker klimaat het en mense wat na lande soos Londen getrek het mis ons heerlike weer gewoonlik. Maar ons klimaat het nie net met ons oorvloedige sonskyndae te doen nie.
19 Jan 15 min

Kinderregte

Die regte van kinders word in die meeste lande as baie belangrik beskou. Daar is ook belangrike dokumente in die wêreld wat aandag gee aan die regte van kinders.
19 Jan 11 min

Kaapkolonie vanaf die 19de eeu

Tussen 1806 en 1872 word die Kaap ʼn Britse Kolonie of Kroonkolonie genoem. (Kroonkolonie verwys natuurlik na die Britse kroon.) Rede vir oorname Die Kaap is in 1806 deur die Britse regering oorgeneem.
19 Jan 15 min

Jan van Riebeeck

Jan van Riebeeck was die stigter van die Nederlandse verversingspos in Tafelbaai in 1652. Hy kan beskou word as die vader van die volksplanting in Suid-Afrika, maar sy eerste besoek aan die Kaap was eintlik heel toevallig.
19 Jan 14 min
40 – 60